Die Marinabaai Straatrenbaan is 'n motorrenbaan in Marinabaai, Singapoer waar die Singapoerse Grand Prix, 'n Formule Een nagmotorwedren, jaarliks aangebied word.
Die baan is 5,065 km (3,147 myl) lank en lê in 'n haweligging soortgelyk aan die Monaco Grand Prix-baan en die Valencia Straatbaan in Valencia.
Die baan is ontwerp deur KBR, Inc., 'n wysiging van die oorspronklike een wat eerste deur Hermann Tilke voorgestel is. Die baan beskik oor 'n FIA Graad 1-lisensie.
Verwysings
Kategorie:Singapoerse Grand Prix Kategorie:Geboue en strukture in Singapoer Kategorie:Sport in Singapoer Kategorie:Renbane