Malaysia Airlines-vlug 370 (MH370/MAS370) was 'n geskeduleerde internasionale vlug van Kuala Lumpur, Maleisië na Beijing, China. Op 8 Maart 2014 het die vliegtuig spoorloos verdwyn. Die vliegtuig het 227 passasiers en twaalf bemanningslede aan boord gehad.

Vlug 370 het op 8 Maart 2014 om 00:41 (Maleisiese Standaardtyd; UTC+8) van die Kuala Lumpur Internasionale Lughawe opgestyg en moes na 'n vlug van 6 ure op die Beijing Capital Internasionale Lughawe land. Vlugbeheer het egter omstreeks 01:22, terwyl die vliegtuig oor die Golf van Thailand was, kontak daarmee verloor. Die vliegtuig is om 02:40 as vermis aangemeld.

'n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur, maar het niks opgelewer nie. In Julie 2015 is 'n wrakstuk van 'n Boeing 777 naby die Réunion-eiland, oos van Afrika opgespoor.Reunion wrak: Vlerkwrakstuk is die van Boeing-777, Maroela Media, 30 Julie 2015 Die wrakstuk, 'n deel van die vlerk, is van dié vliegtuig afkomstig.Vliegtuig Wrakstukke is die van die Vermiste MH370 , besoek op 8 Augustus 2015

Bemanning en passasiers Kaptein Zaharie Ahmad Shah (53) was 'n ervare vlieënier met 18 365 vlugure agter sy naam. Die onderkaptein, Fariq Ab Hamid (27), het reeds 2 763 vlugure gehad. Die passasierslys is deur Malaysia Airlines bekend gemaak:Malaysia Airlines MH370 Flight Incident – 18th Media Statement

+ Insittendes volgens nasionaliteit Nasionaliteit Aantal 6 2 152 4 1 5 7 2 50 1 2 1 1 2 3 Totaal (15 nasies en streke) 239

Verwysings

Kategorie:Geskiedenis van Maleisië Kategorie:Vervoer in Maleisië Kategorie:Vliegongelukke