regs|500px

Die Barcelona-Catalunya-renbaan (amptelik Circuit de Barcelona-Catalunya) is 'n motorsportrenbaan in Montmeló, Barcelona, Katalonië, Spanje. Die baan is sedert 1991 die tuiste van die jaarlikse Formule Een Spaanse Grand Prix.

Met 'n lang pylvak en 'n verskeidenheid draaie, is die Circuit de Catalunya Barcelona 'n baie uitdagende renbaan. Die baan het netjiese pawiljoene met 'n kapasiteit van 140 700 toeskouers en beskik oor 'n FIA Graad 1-lisensie.

Tot in 2013 was die baan net bekend as die Circuit de Catalunya, voor 'n borgskap deur die Stadsraad van Barcelona "Barcelona" by die titel gevoeg het.

Die Circuit de Catalunya is in 1991 gebou en het die Spaanse Grand Prix in dieselfde jaar begin aanbied. Konstruksie het ook saamgeval met die Olimpiese Spele wat geskeduleer was om in Barcelona plaas te vind die volgende jaar, toe die baan gebruik is as die begin- en eindpunt vir 'n spanfietsry-item.1992 Summer Olympics official report. Volume 2. pp. 305–7. Die Barcelona-Catalunya-renbaan moet nie verwar word met die Montjuïc-renbaan wat die Spaanse Grand Prix vier keer tussen 1969 en 1975 aangebied het nie.

Omdat so baie toetse by hierdie baan gedoen word, is Formule Een bestuurders en werktuigkundiges baie vertroud daarmee. Dit het kritiek uitgelok dat hulle té vertroud is met Catalunya, wat moontlik van die toeskouergenot tydens wedrenne in die wiele mag ry.

Grand Prix-uitslae by die baan Uitslae van die Spaanse Grand Prix (Catalunya) Jaar Renjaer Motor1991 Nigel Mansell Williams-Renault1992 Nigel Mansell Williams-Renault1993 Alain Prost Williams-Renault1994 Damon Hill Williams-Renault1995 Michael Schumacher Benetton-Renault1996 Michael Schumacher Ferrari1997 Jacques Villeneuve Williams-Renault1998 Mika Häkkinen McLaren-Mercedes1999 Mika Häkkinen McLaren-Mercedes2000 Mika Häkkinen McLaren-Mercedes2001 Michael Schumacher Ferrari2002 Michael Schumacher Ferrari2003 Michael Schumacher Ferrari2004 Michael Schumacher Ferrari2005 Kimi Räikkönen McLaren-Mercedes2006 Fernando Alonso Renault2007 Felipe Massa Ferrari2008 Kimi Räikkönen Ferrari2009 Jenson Button Brawn-Mercedes 2010 Mark Webber Red Bull-Renault 2011 Sebastian Vettel Red Bull-Renault 2012 Pastor Maldonado Williams-Renault 2013 Fernando Alonso Ferrari 2014 Lewis Hamilton Mercedes 2015 Nico Rosberg Mercedes 2016 Max Verstappen Red Bull-TAG Heuer 2017 Lewis Hamilton Mercedes 2018 Lewis Hamilton Mercedes 2019 Lewis Hamilton Mercedes 2020 Lewis Hamilton Mercedes 2021 Lewis Hamilton Mercedes 2022 Max Verstappen Red Bull-RBPT 2023 Max Verstappen Red Bull-Honda RBPT 2024 Max Verstappen Red Bull-Honda RBPT 2025 Oscar Piastri McLaren-Mercedes

Verwysings

Kategorie:Spaanse Grand Prix Kategorie:Renbane in Spanje