Cecil Moss (12 Februarie 1925, Riversdal – 27 Oktober 2017, Nuweland) was 'n Springbokrugbyspeler, -afrigter en dokter. Hy was saam met dr. Joseph Ozinsky verantwoordelik vir die narkose tydens die eerste menslike hartoorplanting wat dr. Chris Barnard op 3 Desember 1967 gedoen het."Dok se Jood en oudste Bok sterf", Rapport, 29 Oktober 2017

Hy het in 1949 in vier toetse vir Suid-Afrika teen die All Blacks gespeel; 'n tuisreeks wat die Springbokke met 4–0 gewen het. Hy was ook die Springbokafrigter van 1982 tot 1989. Hy spog met tien oorwinnings en slegs twee nederlae.Moss se profiel op espn.co.uk, besoek op 7 Julie 2015 Ná die afsterwe van Piet Malan op 5 Julie 2015 was hy die oudste lewende Springbok en ná sy afsterwe het dié eer Des van Jaarsveldt toegeval.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse geneeskundiges Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyafrigters Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 2017