Die Laerskool Middelburg is 'n openbare skool vir Afrikaanssprekende primêre leerders wat in Middelburg, Mpumalanga geleë is.

Geskiedenis Die skool het 'n lang en kleurvolle geskiedenis van oor die 110 jaar. Laerskool Middelburg is oorspronklik op 28 September 1904 as die Middelburg Free School geopen deur die destydse Direkteur van Onderwys in Transvaal, mnr. Fabian Ware.TV-program: Skole Top 10 – Laerskool Middelburg, kykNET, heruitsending op 3 Julie 2015 Die skoolgebou is opgerig teen die reuse bedrag van £  4666. Tydens die opening van die skool was mnr. McKenzie die hoof, en in 1908 staan die leerlingtal op 385.

In 2015 is die skoolhoof mnr. Gerrie van der Merwe.

Skoolwapen en Leuse In 1924 verander die skool se naam na die Middelburg Afrikaanse Skool met 'n koedoekop as trotse skoolwapen. In hierdie wapen is Afrikaner-patriotisme en liefde vir die natuur saamgesnoer. Die huidige naam van die skool is in 1978 aangeneem. Leerders verwys na hulself as "Koedoekoppe" en hulle leuse is "Wees Wakker".

Skoollied Die skepper van die skoollied in 1976 was ene mev. Grobler en in 2014 is die woorde deur Surette Prinsloo verwerk.

Bekende alumni Wynand Claassen, oud-Springbokrugbykaptein.

Lys van hoofseuns Louw van Eeden (2014)

Lys van hoofdogters Greta Kurpershoek (2014)

Eksterne skakels Die skool se amptelike webtuiste Die skool se Facebook-bladsy

Bronne

Kategorie:Skole in Mpumalanga