Die Volkswagen Polo R WRC is 'n wêreldtydrenmotor gebaseer op die Volkswagen Polo padmotor. Dit word gebou en bedryf deur Volkswagen Motorsport vir gebruik in die Wêreldtydrenkampioenskap. Die motor, wat sy debuut aan die begin van die 2013-seisoen gemaak het, is volgens die nuwe wêreldtydrenmotorregulasies vir 2011 gebou, wat gebaseer is op die bestaande Super-2000 regulasies, maar word aangedryf deur 'n turbo-aangejaagde 1,6 liter-enjin eerder as die normaal geaspireerde 2 liter-enjin wat in Super 2000-motors diens doen.

Die Polo R WRC merk Volkswagen se hertoetreede as 'n vervaardiger in die Wêreldtydrenkampioenskap. Volkswagen Motorsport het van 1983 tot 1988 die Volkswagen Golf GTI en GTI 16V ingeskryf in tydrenne met min sukses, insluitende ses podiumpleke en 'n oorwinning in die 19de Ivoorkustydren in 1987.

Die maatskappy het ook die Volkswagen Golf Mk3 en Mk4 beskikbaar gestel as 'n boustelmotor vir privaatinskrywings tydens die Groep A-era van 1993–1997, alhoewel die gebruik meestal beperk was tot Britse nasionale kampioenskappe.

Sien ook Citroën DS3 WRC Ford Fiesta RS WRC Ford Focus RS WRC Hyundai i20 WRC Mini John Cooper Works WRC Toyota Yaris WRC

Verwysings

Kategorie:Tydrenmotors Kategorie:Volkswagen