Die Opel Insignia (uit Latyn insigne = embleem/wapen) is 'n groot gesinsmotor ontwerp en vervaardig deur die Duitse motorvervaardiger Opel. Vervaardiging van die Insignia het in 2008 begin ter vervanging van die Vectra en die Signum.

Die motor staan bekend as die Vauxhall Insignia in die Verenigde Koninkryk en as die Buick Regal in China en Noord-Amerika.

Daar is beplan om die Insignia in Australië en Nieu-Seeland onder die Holden-handelsmerk vry te stel in 2015.Sam McEachern, Opel Returns To Australian Market, This Time Badged As A Holden, 1 Mei 2014, gmauthority.com

Verwysings

Insignia