Eugène Nielen Marais (9 Januarie 1871 – 29 Maart 1936) was ’n Afrikaanse en Engelse skrywer. Hy was die skepper van die klassieke Afrikaanse gedig "Winternag", wat allerweë as dié eerste letterkundig betekenisvolle Afrikaanse gedig beskou word.
Lewe en werk
Vroeë lewe en herkoms duimnael|regs|200px|Eugène Marais as jong man. Eugène Nielen Marais is op 9 Januarie 1871 in Pretoria geboreRousseau, Leon. Die groot verlange. Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe Eerste druk 1974 as die dertiende en jongste kind van die middeljarige Jan Christiaan Nielen Marais en Catherina Helena Cornelia van Niekerk. Sy vader is oorspronklik van Stellenbosch en sy moeder van Malmesbury en hulle is op 28 Maart 1843 met mekaar getroud. Die gesin bly op Jan se familieplaas Nektar in Jonkershoek in Stellenbosch tot 1860, waarna hulle trek na Bloemfontein, waar Jan in 1863 as staatsekretaris aangestel word. In 1867 word hy uit die staatsdiens ontslaan op aanklag van die verduistering van geld en vir ’n ruk word hy onder huisarres geplaas. Om verdere vervolging te voorkom, vlug die gesin in 1868 na Pretoria. Nadat hulle ’n ruk by sy pa se broer, Petrus Johannes "Lang Piet" Marais, in ’n kothuis op ’n plaas gewoon het, trek hulle na die ongerieflike maar deftige huis Lynnwood House in Pretoria. Drie kinders is vroeg oorlede, maar ses dogters en vier seuns word groot. Sy vader laat die opvoeding en versorging van die klein Eugène geheel en al aan die moeder en groter kinders oor, sodat Marais in wese vaderloos grootword. Dit is waarskynlik dat sy vader ten tye van Eugène se geboorte in die tronk was vir sy vroeëre misdade.
Opleiding Eugène ontvang sy skoolopleiding hoofsaaklik deur medium Engels in Pretoria, eers vanaf vyfjarige ouderdom by mej. Anna Pottger in ’n strooidakkerkie op die Markplein, toe van die Engelse predikant aartsdeken A. Roberts in ’n rietdakhuisie buite Pretoria en later van ds. A.J. Begemann. President Thomas François Burgers is in hierdie tyd ’n huisvriend van die gesin.
Met die beleg van Pretoria deur die Boeremagte wat tydens die Eerste Vryheidsoorlog in Desember 1879 begin, word die inwoners van Pretoria in drie bewaringskampe geplaas en die Marais-gesin woon in hierdie tyd in tente in die militêre kamp. Kort na die einde van die Eerste Vryheidsoorlog stuur sy moeder hom in 1881 vir verdere skoolopleiding na Boshof, waar hy inwoon by sy oudste broer Charles, wat later voorsitter van die Unie-Volksraad en senator word. Sy suster Lizzie Niemeyer woon ook hier op die dorp en haar man Emil en Charles is vennote, eers in ’n wolsaak en toe daar ’n insinking in die wolmark is as algemene handelaars. Op Boshof gaan Eugène in Engels skool by David Field se skool. Wanneer die familiebesigheid swaartrek, besluit Lizzie in 1884 om saam met sommige van haar kinders na die Paarl te verhuis,Marais, Johann Lodewyk Universiteit van Pretoria: http://repository.up.ac.za/handle/2263/10655 waar die skoolopleiding goed en die lewenskoste laag is, en sy neem vir Eugène saam. Hy gaan skool by Paarl First Class Public School (later Paarl Boys High of die Hoër Jongenskool Paarl). In hierdie tyd skryf hy sy eerste gedigte in Engels, sommige waarvan in die Paarl District Advertiser gepubliseer word. Toe die tyd aanbreek om sy matriekeksamen te skryf, is hy nog te jonk en moet die skoolhoof spesiale verlof van die Onderwysdepartement verkry. In die winter van 1887 matrikuleer hy dan op sestienjarige ouderdom in die tweede klas. Op skool is hy joernalis van die Union Debating Society en sy vriende onthou later sy spitsvondigheid.
Loopbaan Na skool keer hy in die winter van 1887 na Boshof terug en bly weer by sy broer Charles. Sy suster Lizzie se man Emil pleeg egter weens finansiële probleme selfmoord terwyl Lizzie haar veertiende kind verwag. Hy keer dan laat in 1887 saam met haar en haar jongste kinders terug na Pretoria, waar hy aanvanklik weer by sy ouerhuis inwoon. Eers word hy prokureursklerk by die firma Kuranda & Marais (sy broer Melt se firma). Daarna is hy vanaf 1888 joernalisEsaach by die Transvaal Advertiser, waarin hy later die parlementêre rubriek Glimpses from the hoekie behartig. Die redakteur in hierdie tyd is dr. John Scoble en Eugène se broer Hennie werk ook hier. By hierdie twee leer hy die beginsels van joernalistiek soos dit in daardie dae bedryf is. In 1889 kom hy vir die eerste keer in botsing met die regering wanneer hy die opmerkings rapporteer van die voorsitter van die parlement, B.H. Klopper, wat hy in ’n private gesprek maak. Klopper onderneem volgens hierdie opmerking om teenstanders van die konsessiebeleid kort te vat. Eugène word uit die persbank in die parlement verbied, waarna hy die verrigtinge uit die openbare banke rapporteer en sy rubriek se naam verander na Glimpses from the benches.
Land en Volk In 1890 word hy op negentienjarige ouderdom redakteur van die weeklikse koerant Land en Volk. Hierdie pos kry hy met die ondersteuning van die volgelinge van president Kruger se vernaamste opponent, generaal Piet Joubert, wat op soek was na ’n gepaste redakteur om die regering en sy beleidsrigtings aan te vat. Om die sirkulasie van die koerant te stimuleer, begin hy om ook Afrikaanse berigte te plaas en werf so nuwe intekenare. Die bekende gedig deur ’n anonieme digter, Die arme boer, wat in Groot Verseboek opgeneem word, verskyn aanvanklik in Land en Volk. In Julie 1891 word Eugène saam met J. de V. (Jimmy) Roos eienaar van hierdie koerant, terwyl hy ook assistent-redakteur is van The Press, ’n Engelse dagblad in Pretoria. In Oktober 1892 koop hy vir Jimmy Roos uit en word hy alleeneienaar van Land en Volk en in hierdie blad skryf hy, naas enkele gedigte, ook reeds vanaf 1890 artikels in Afrikaans, waarmee hy voorarbeid vir die Tweede Afrikaanse Taalbeweging doen.
Hy kritiseer president Paul Kruger en sy regering so heftig dat hy in botsing met die president kom en in verskeie lastersake betrokke raak. Sy kritiek is veral teen die konsessiebeleid van die Volksraad, waarvolgens alleenregte vir handeldryf aan konsessiehouers verkoop word, wat vrye mededinging onmoontlik maak, korrupsie in die hand werk en die regering feitlik sonder uitsondering benadeel. In 1893 word hy selfs gearresteer vir kriminele laster nadat hy onthul dat die president twee verskillende reiskosterekeninge ingedien het vir ’n besoek aan Colesberg, terwyl hy in werklikheid ’n gas van die Kaapse Regering was. Na ’n uitgerekte hofsaak word Marais vrygespreek. Die Uitlanders soek in hierdie tyd ’n mondstuk om hulle griewe te lug en hulle steek voelers uit om Land en Volk op hierdie manier te gebruik, wat hulle dan ook in 1893 doen vir £2 500. Marais het die geld nodig omdat hy wil trou en die nuwe eienaars versoek hom om teen betaling nog vir ten minste twee jaar aan te bly as redakteur, met geen beperkinge oor wat hy in die koerant skryf nie.
Namens generaal Joubert van die Transvaalse regering onderhandel hy met die Uitlanders in Johannesburg kort voor die Jameson-inval en slaag daarin om hulle oor te haal om eerder met die Transvaalse Regering te onderhandel as om die Jameson-inval gewelddadig te steun. Hierna gaan hy self op kommando en is teenwoordig by die inhegtenisneming van Jameson en sy makkers. Land en Volk verloor egter baie steun na hierdie episode weens sy gesindheid as pro-Uitlander en anti-regering, aangesien die mense se simpatie nou eerder by die regering lê.
Persoonlike lewe duimnael|regs|200px|Marais omstreeks 1931, sowat vyf jaar voor sy dood.
Reeds in 1892, nadat hy skaars mondig geword het, begin hy met die gebruik van morfien, waarskynlik as gevolg van ooreising en spanning in sy joernalistieke werk. Hoewel hy telkemale vir behandeling gaan en tyd in inrigtings deurbring om van hierdie verslawing ontslae te raak, beïnvloed dit hom die res van sy lewe. Ook in 1892 word hy toegelaat as ’n lid van die Vrymesselaarsbeweging en ag hierdie gebeurtenis so belangrik dat hy dit in sy Bybel aanteken. Na sy toelating tot die beweging in Maart van hierdie jaar vorder hy in Julie tot Metgesel en in Augustus tot Meester. In 1893 ontmoet hy vir Aletta (Lettie) Beyers, ’n kleinniggie van die latere generaal Christiaan Beyers. Sy woon in Natal en sy kom in Pretoria by haar niggie Lenie Boshof kuier, wat met Melt Marais (Eugène se broer) getroud is. In Augustus 1894 tree hy dan in Natal in die huwelik met Lettie, maar elf maande later (op 17 Julie 1895) sterf sy aan kraamkoors na die geboorte van hulle seun (Eugène Charles Gerard Marais) op 8 Julie 1895. Marais se suster Sophie Ueckerman neem die versorging van die baba oor en neem hom as haar eie aan. Uit meegevoel vir sy lot en dié van sy vriend, die landmeter Christiaan Vlok, wie se vrou ook in hierdie tyd kort na geboorte van ’n kind aan kraamkoors oorlede is, samel inwoners van Pretoria geld in om die twee wewenaars op ’n bootreis na Mauritius te stuur. Binne die volgende vyftien maande hierna sterf albei Marais se ouers ook.
Volgens die omroeper Friedel Hansen in sy boek Die handdruk van die dood: Die onvertelde storie van Eugène Marais, is Eugène vroeg in 1904 ’n loseerder by die Malans van Potchefstroom. Elisma Malan, ’n onderwyseres, verlaat die dorp baie skielik in die eerste gedeelte van die jaar en vertrek na die Wes-Kaap, waar sy kort na haar aankoms in April 1904 met die mynwerker Jacobus Abraham Bosman trou. Uit hierdie huwelik word die beroemde skrywer Herman Charles Bosman op 3 Februarie 1905 gebore en volgens Hansen is Eugène Marais waarskynlik sy biologiese pa.Steyn, J.C. Trouwe Afrikaners. Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 1987 Behalwe die omstandigheidsgetuienis is daar geen verdere bewys vir hierdie bewerings nie. Hoewel Eugène nooit weer trou nie, het hy gedurende sy leeftyd verskeie meer of minder ernstige flirtasies met vroue, dikwels baie jonger as hy.
Oorsese reise In Desember 1896 stel hy vir ene J.Y. O’Brien aan as redakteur van Land en Volk en vertrek hy aan boord van die Dunottar Castle na Londen. Vanaf Januarie 1897 studeer hy by die Inner Temple in die regte en bekwaam hom eers vyf jaar later in September 1901 as advokaat, nadat hy verskeie eksamens eers nie deurgekom het nie en baie ongereeld vakke afskryf. Hy raak in Londen geïnteresseerd in diverse vakgebiede soos Egiptologie, diernavorsing, hipnotisme, spiritisme en goëlery en hou onder andere ’n sjimpansee en marmoset (Suid-Amerikaanse apie) in sy woonstel aan, waar hy hulle gedrag bestudeer. Hy begin ook om al hoe meer belang te stel in die geneeskunde en skaf vir hom ’n stel mediese instrumente aan, doen navorsingswerk in ’n laboratorium en bekom aansienlike geneeskundige kennis. In sy jare in Londen besoek hy die vasteland van Europa ’n hele paar keer. Om homself te onderhou, doen hy los werkies deur onder andere by ’n horlosiemaker te werk.
Hy vertrek in Maart 1902 via Brussel in België op ’n geheime ekspedisie per boot na Dar-es-Salaam om plofstowwe na die Boeremagte te neem en doen onderweg ook Kaïro aan. Onderweg in Oos-Afrika ontvang hulle die berig van die vredesluiting. Hy besoek saam met die leier van die ekspedisie, ’n dokter genaamd dr. Aurel Schultz, die eiland Chiloaan en die stat Matjanga. Sodra die inwoners uitvind dat daar ’n dokter in hulle midde is, besoek hulle Schultz vir genesing en hy voer selfs operasies uit, waarby Marais hom bystaan en sodoende praktiese ervaring opdoen. Tydens hierdie besoek doen hy malaria op en vir meer as ’n week word vir sy lewe gevrees. Hoewel hy herstel, word hy hierna vir die res van sy lewe deurgaans gepla deur terugkerende malaria-aanvalle. Hulle verlaat die gebied eers teen die einde van Julie 1902 en kom in Augustus 1902 by Lourenço Marques uit. Hiervandaan is Marais voort na die Transvaal, terwyl dr. Schultz toegang tot Transvaal geweier is en noodgedwonge weer terugkeer na Europa.
Pro-Britse gesindheid