Vir die gelyknamige rolprente, sien Sarie Marais (1931) en Sarie Marais (1949).
Sarie Marais is 'n bekende lied deur J.P. Toerien, geskep tydens die Eerste Vryheidsoorlog (ca. 1880) of die Tweede Vryheidsoorlog (ca. 1900). Die melodie is 'n verwerking van 'n Engelstalige liedjie genaamd "Ellie Rhee" wat uit die Amerikaanse Burgeroorlog dateer. Dit is 'n baie bekende Afrikaanse volksliedjie en is al in ander tale vertaal. Dit verwys waarskynlik na 'n persoon wat werklik geleef het, Sarie Maré, maar weens 'n drukfout is die spelling "Sarie Marais" behou.
Lirieke duimnael|regs|260px|Die graf van Sara Johanna Adriana Nel (née Maré). Sy was moontlik die inspirasie vir die liedjie.
Sarie-vrouetydskrif Die Afrikaanse vrouetydskrif Sarie het die liedjie se naam oorgeneem. Die tydskrif het aanvanklik Sarie Marais geheet, 'n naam wat ten tyde van die eerste uitgawe (1949) sinoniem was met die aansien en bemagtiging van die Afrikaanse vrou. Dit was ook een van die eerste Afrikaanse tydskrifte wat hom op die vrouemark toegespits het, met inhoud wat gestrek het van mode, dekor en skoonheid tot verhoudingsadvies en gesinsvoorligting.
Sien ook Jacob Maré, Sarie se pa Sarie, vrouetydskrif wat oorspronklik ook as Sarie Marais bekend gestaan het. Sarie Marais, Afrikaanse rolprent wat in 1931 uitgereik is. Sarie Marais, Afrikaanse rolprent wat in 1949 uitgereik is.
Eksterne skakels Werf met geskiedenis van die liedjie Forum met foto's van Sarie Maré se graf Opsomming van die 1931 film Sarie Marais mp3 Oudio – Sarie Marais , soos gespeel deur die orkes van HM Royal Marines Commando Training Centre
Kategorie:Afrikaanse volksmusiek Kategorie:Afrikaanse liedjies