Benoît Mandelbrot (Warskou, 20 November 1924 - Cambridge, 14 Oktober 2010) was 'n Frans-Amerikaanse wiskundige.
Hy is gebore as 'n Joodse Pool en is bekend vir sy bydrae tot wiskunde en chaosteorie, deur die ontwikkeling van die konsep van fraktaalmeetkunde. Hy publiseer in 1970 sy bevindings in 'n boek: Fractals: forms, chance and dimensions en later in 1977 'n meer afgeronde weergawe getiteld: The fractal geometry of nature. Mandelbrot het as 'n Franse wiskundige fisikus by die IBM firma gewerk toe hy begin het om fraktaalmeetkunde te ontwikkel. Mandelbrot het skynbaar die gedagte van fraktaalmeetkunde ontwikkel in 'n poging om geraas in telefoonkabels uit te skakel.
Kategorie:Amerikaanse akademici Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse wiskundiges Kategorie:Franse akademici Kategorie:Franse Jode Kategorie:Franse wiskundiges Kategorie:Poolse Jode Kategorie:Wiskundiges in die 20ste eeu Kategorie:Wiskundiges in die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 2010