Santiago de Compostela 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Administratiewe gewes 22px Galisië Provinsie A Coruña Koördinate Stigting 9de eeu Oppervlakte: - Totaal 220 vk km Hoogte bo seevlak 260 m Bevolking: - Totaal (2012) 95 671 - Bevolkingsdigtheid 428,81 vk/km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Martiño Noriega Sánchez Amptelike webwerf santiagodecompostela.org
Santiago de Compostela (Galicies: [santiˈaɣo ðe komposˈtɛla], Kastiliaans: [sanˈtjaɣo ðe komposˈtela]) is die hoofstad van die outonome gemeenskap Galisië in noordwestelike Spanje, met 'n bevolking van 95 671 in 2012. Die stad is sy oorsprong te danke aan die heilige plek van die apostel Sint Jakobus die Grote, wat nou die stad se katedraal is, en wat die eindbestemming vir pelgrims op die Jakobsweg, 'n gewilde Katolieke pelgrimstog wat in die 9de eeu ontstaan het, is. In 1985 is die stad se historiese sentrum as UNESCO-wêrelderfenisgebied gelys en in 2015 is die gebied uitgebrei.
Toponiem duimnael|links|Santiago de Compostela Santiago is die plaaslike Galiciese ewolusie van die Vulgêrlatyn Sanctu Iacobu, d.i., "Sint Jakobus". Compostela is volgens oorlewering afgelei van die Latyn Campus Stellae, d.i., "Sterreveld"; dit is egter onwaarskynlik dat die moderne Compostela onder normale ewolusie van Latyn na Galicies-Portugees kon ontstaan. Ander etimologieë lei die naam van Latyn Compositum, plaaslike Vulgêrlatyn Composita Tella, wat "begraafplaas" beteken, of eenvoudig van Latyn Compositellam, wat "die kalm een" beteken, af. Ander plekke in Galicië deel in hierdie toponiem, verwant aan Compostilla in die provinsie Léon.
Eksterne skakels
Amptelike UNESCO bladsy
Kategorie:Galisië Kategorie:Nedersettings in Spanje Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Spanje Kategorie:Christendom in Spanje Kategorie:Rooms-Katolieke Kerk