Petrus Arnoldus Crous (Piet) (gebore 2 Julie 1955 in Johannesburg) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse juniorswaargewigbokser. Hy het in 1984 die WBA-kruisergewigwêreldtitel gewen toe hy Ossie Ocasio met punte geklop het.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Professionele boksloopbaan Crous het professionele status in 1977 verkry, en die WBA-ligswaargewigtitel verower met 'n punteoorwinning oor Ossie Ocasio in 1984. Hy het die gordel een keer suksesvol verdedig, voor hy dit die volgende jaar afgestaan het aan Dwight Muhammad Qawi ná 'n tegniese uitklophou. Crous was tweekeer op die planke in die elfde ronde. Hy het in 1987 uitgetree.
Verwysings
Eksterne skakels Profiel op boxrec.com
Kategorie:Suid-Afrikaanse boksers Kategorie:Geboortes in 1955 Kategorie:Lewende mense