Die nasionale vlag van Kasakstan is op 4 Junie 1992 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n goue son-en-arend-motief in die middel van ’n eenvoudige blou baan met ’n vertikale ornamentele patroon op die vlagpaalkant.

Simboliek Die ornamentele patroon stel die kuns en kulturele tradisies van die ou kanaat en die Kasakke voor. Die ligblou agtergrond stel die verskeie Turkse volkere voor wat deel uitmaak van die hedendaagse bevolking van die land, insluitend die Kasakke, Tartare, Oeigoere, Oesbeke en andere. Die ligblou stel ook vrede, vryheid, kulturele en etniese eenheid van die Kasakse nasie. Die son stel die bron van lewe en energie voor. Dit is ook ’n simbool van rykdom en oorvloedigheid; die son se 32 strale is soos graan wat die basis van oorvloedigheid en welvaart is.

Mense van verskillende Kasakse stamme het vir eeue reeds ’n goue arend op hul vlae gehad. Die steppe-arend stel die mag van die staat voor. Vir die moderne nasie van Kasakstan is die arend ’n simbool van onafhanklikheid, vryheid en die toekoms. Kazakhstan national flag

Ontwerp Die vlag van Kasakstan het ’n goue son met 32 strale oor ’n swewende goue steppe-arend, albei gesentreer op ’n eenvoudige hemelsblou baan; op die wapperkant is ’n nasionale ornamentele patroon “kosjkar-muïz” (die ramshoring) in goud. Die dimensies van die vlag is in ’n verhouding van 1:2. CIA – Die Wêreldfeiteboek

Ander vlae Vorige vlae

Verwante vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Kasakstan by Flags of the World.

Kategorie:Kasakstan Kasakstan