Ève Denise Curie Labouisse (6 Desember 1904 – 22 Oktober 2007) was 'n Amerikaans-Franse musikant en outeur en die dogter van Pierre en Marie Curie. Sy is gebore in Parys en het gestudeer aan die Collège Sévigne. Sy het haar jong lewe aan musiek gewy en was 'n pianis wat verskeie uitvoerings in Parys, die Franse provinsies en België gehou het. Sy het onder andere die boeke Madame Curie (1937) en Among Warrioes (1943) laat verskyn wat onmiddellike suksesse was. Sy het in die Verenigde State gebly tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Haar suster was Irène Joliot-Curie.

Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 7, Bladsy 566.

Kategorie:Amerikaanse joernaliste Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Franse joernaliste Kategorie:Franse musici Kategorie:Geboortes in 1904 Kategorie:Sterftes in 2007