Verkeerdevlei naby Touwsrivier is een van die oudste opgaardamme in Suid-Afrika.
Ligging Hierdie dam lê by die samevloeiing van die Smalblaarrivier en die Bokrivier. Sy uitloop is in die Donkiesrivier, 'n boloop van die Touwsrivier. Dit lê wes van die R46-pad tussen die dorp Touwsrivier en die Karoopoort.
Geskiedenis Die reisinger William John Burchell het in 1811 reeds die vlei besoek. Dit is in 1889 tot opgaardam ontwikkel om die spoorweë van water te voorsien. In 1904 het 'n besproeiingsraad die dam oorgeneem toe die spoorweë ander waterbronne bekom het.
Volume Die dam het 'n opgaarvermoë van 5 500 000 kubieke meter en verskaf water vir 80 km stroomaf aan 36 boere om 546 ha te besproei.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap