Ruth Prawer Jhabvala (7 Mei 1927 — 3 April 2013) was 'n Duits-gebore Engelse en Amerikaanse skrywer van romans, kortverhale en draaiboeke. Sy is veral bekend vir haar samewerking met die rolprentgeselskap Merchant Ivory Productions. Sy het die Booker-prys in 1975 gewen vir haar roman Heat and Dust, asook twee Oscar-toekennings vir beste verwerkte draaiboek in 1987 en 1993 onderskeidelik, vir die films A Room With A View en Howards End. In 1985 is sy gekies vir 'n MacArthur Fellowship.

Kategorie:Engelse skrywers Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 2013