Philo Taylor Farnsworth (19 Augustus 1906 – 11 Maart 1971) was 'n Amerikaanse uitvinder en televisie-pionier.Obituary Variety Obituaries, 17 Maart 1971, bladsy 79. Hy het etlike deurslaggewende bydraes tot die vroeë ontwikkeling van televisie gelewer. Hy is miskien beste bekend vir sy uitvinding van die eerste ten volle funksionele, en volkome elektroniese beeldopvangstoestel ('n videokamerabuis, wat toe 'n "beeldontleder" genoem is), benewens die eerste ten volle funksionele en volledige, en volkome elektroniese televisiestelsel. Hy was ook die eerste persoon om so 'n stelsel aan die publiek te demonstreer."New Television System Uses 'Magnetic Lens'". Popular Mechanics, Des. 1934, p. 838–839. Besoek op 2010-03-13.Burns, R. W. (1998), Television: An international history of the formative years. IEE History of Technology Series, 22. Londen: The Institution of Engineering and Technology (IEE), p. 370. . Farnsworth het 'n televisiestelsel ontwikkel, volledig met ontvanger en kamera, wat hy van 1938 tot 1951 kommersieel vervaardig het in die firma Farnsworth Television and Radio Corporation.
Later in sy lewe het Farnsworth 'n klein kernversmelting-toestel uitgevind, die sogenaamde "Farnsworth–Hirsch fusor", of bloot die "fusor", wat naamlik ione verhit met behulp van elektrostatiese traagheidsinsluiting, tot by toestande wat geskik is vir kernversmelting. Alhoewel nie 'n praktiese werktuig vir opwekking van kernenergie nie, is die versmelter 'n werkbare bron van neutrone.Miley G. H. en J. Sved, "The IEC star-mode fusion neutron source for NAA – status and next-step designs". U.S. National Library of Medicine, National Institutes of Health, Oktober 2000. Besoek op 2010-03-13. Die ontwerp van hierdie toestel was al die erkende inspirasie vir ander versmeltingsbenaderings, insluitend algemene benaderings tot versmeltingontwerp soos die Polywell-reaktorkonsep. Farnsworth was die houer van 165 patente, hoofsaaklik in radio- en televisietegnologië.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse uitvinders Kategorie:Geboortes in 1906 Kategorie:Sterftes in 1971