'n Onbemande vliegtuig (Engels: unmanned/uncrewed aerial vehicle (UAV) of onbemande lugtuig) is 'n lugvaartuig sonder 'n menslike vlieënier aan boord. Dit word dus beheer deur middel van afstandbeheer of deur 'n rekenaar. Die vlieg van 'n onbemande vliegtuig kan met verskillende grade van outonomie werk: hetsy onder afstandbeheer deur 'n menslike operateur of outonoom deur aanboordrekenaars en sensors. Dit word ook 'n hommeltuig (Engels: drone) genoem.
In vergelyking met vliegtuie wat beman is, word onbemande vliegtuie oorspronklik gebruik vir missies wat te "vervelig, vuil of gevaarlik" is vir mense. Terwyl hulle meestal in militêre toepassings ontstaan het brei die gebruik daarvan vinnig uit na kommersiële, wetenskaplike, ontspannings-, landbou- en ander toepassings, soos polisiëring en waarneming, aflewering van produkte, lugfotografie, smokkel, en hommeltuig resies. Daar is tans baie meer burgerlike hommeltuie as militêre hommeltuie met ramings van meer as 'n miljoen van eersgenoemde wat in 2015 verkoop is.
duimnael|links|300px|'n Hommeltuig wat 'n missiel lanseer Geskiedenis Die vroegste aangetekende gebruik van onbemande lugvaartuie vir militêre doeleindes het in Julie 1849The Future of Drone Use: Opportunities and Threats from Ethical and Legal Perspectives, Asser Press Springer, chapter by Alan McKenna, bl 355 vanaf 'n skip plaasgevind, wat gedien het as 'n ballonvaartuig (die voorloper van die vliegdekskip) in die eerste offensiewe gebruik van ‘n lugvermoeë in die vloot-lugvaart.Naval Aviation in the First World War: Its Impact and Influence, R. D. Layman, page 56 Oostenrykse magte wat Venesië beleër, het probeer om ongeveer 200 ballonne met plofstof na die beleërde stad te loods. Die ballonne is hoofsaaklik vanaf die land gelanseer; sommige is egter ook van die Oostenrykse skip SMS Vulcano gelanseer. Ten minste een bom het in die stad geval. As gevolg van die wind wat na die lansering verander het, het die meeste van die ballonne egter hul teiken gemis, en sommige het oor die Oostenrykse linies en die lanseerskip Vulcano gesweef.
duimnael|regs|'n Beheerkamer vir hommeltuie Onbemande vliegtuig-innovasies is in die vroeë 1900's begin en het oorspronklik gefokus op die verskaffing van oefenteikens vir die opleiding van militêre personeel. Die onbemande vliegtuig-ontwikkeling het gedurende die Eerste Wêreldoorlog voortgeduur, toe die Dayton-Wright-vliegtuigmaatskappy 'n vlieënde "lugtorpedo" uitgevind het wat op 'n voorafbepaalde tyd moes ontplof.
Die eerste poging om 'n onbemande vliegtuig aan te dryf, was A.M. Low se "Aerial Target" van 1916.Taylor, A.J.P. Jane's Book of Remotely Piloted Vehicles. Nikola Tesla het in 1915 eksperimentele onbemande vliegtuie in die VSA beskryf. Vordering het gevolg tydens en ná die Eerste Wêreldoorlog, waaronder die Hewitt-Sperry Automatic Airplane. Hierdie ontwikkeling het ook die ontwikkeling van die Kettering Bug deur Charles Kettering uit Dayton, Ohio, geïnspireer. Dit was aanvanklik bedoel as 'n onbemande vliegtuig wat 'n plofbare loonvrag na 'n voorafbepaalde teiken sou dra. Die eerste afgeskaalde, onbemande tuig is in 1935 ontwikkel deur die filmster en modelvliegtuig-entoesias Reginald Denny.
Meer het tydens die Tweede Wêreldoorlog na vore gekom - wat beide die gebruik om lugafweerartilleriste op te lei en aanvalsmissies te vlieg. Nazi-Duitsland het tydens die oorlog verskillende onbemande vliegtuie vervaardig en ontplooi. Straalmotore het na die Tweede Wêreldoorlog in diens getree in tuie soos die Australiese GAF Jindivik en Teledyne Ryan Firebee I van 1951, terwyl ondernemings soos Beechcraft in 1955 hul Model 1001 vir die Amerikaanse Vloot aangebied het. Nietemin was die produkte tot die Viëtnamoorlog nie veel meer as afstandbeheerde vliegtuie nie.
In 1959 het die Amerikaanse Lugmag, besorg oor die verlies van vlieëniers oor vyandige grondgebied, begin beplan vir die gebruik van onbemande vliegtuie. Die beplanning is verskerp nadat die Sowjetunie 'n Lockheed U-2 in 1960 afgeskiet het. Binne 'n paar dae is 'n hoogsgeheime onbemande vliegtuigprogram onder die kodenaam Red Wagon van stapel gestuur. Die geveg in Augustus 1964 in die Golf van Tonkin tussen vlooteenhede van die VSA en die Noord-Viëtnamese Vloot het Amerika se hoogs geklassifiseerde onbemande vliegtuie (Ryan Model 147, Ryan AQM-91 Firefly, Lockheed D-21) gebruik in hul eerste gevegsopdragte tydens die Viëtnamoorlog. Toe die Chinese regering foto's van Amerikaanse onbemande vliegtuie via Wide World Photos vertoon, was die amptelike Amerikaanse antwoord "geen kommentaar nie".
Die eerste taktiese onbemande vliegtuig wat met verkenningskameras geïnstalleer was, is gedurende die Uitputtingsoorlog (1967–1970) deur die Israeliese intelligensie getoets, met die doel om beelde van oor die Suezkanaal te bekom. Dit was die eerste keer dat 'n taktiese onbemande vliegtuig, wat op enige kort aanloopbaan gelanseer kon word (in teenstelling met die swaarder onbemande vliegtuig), ontwikkel was en getoets is in gevegstoestande.
In die Jom Kippoeroorlog in 1973 gebruik Israel onbemande vliegtuie as lokaas om opponerende magte aan te spoor om hul duur anti-vliegtuigmissiele te vermors. Na die Jom Kippoeroorlog, het 'n paar sleutelpersoneel van die vroeë onbemande vliegtuig-projek 'n klein onderneming begin wat beoog het om onbemande vliegtuie tot 'n kommersiële produk te ontwikkel, wat uiteindelik deur Tadiran gekoop is en tot die ontwikkeling van die eerste Israeliese onbemande vliegtuig gelei het. Die beelde en radar-lokaas wat deur hierdie onbemande vliegtuie voorsien is, het Israel gehelp om die Siriese lugverdediging aan die begin van die Libanon-oorlog in 1982 heeltemal te neutraliseer, wat tot gevolg gehad het dat geen Israeli vlieëniers afgeskiet is nie. In 1987 het die eerste keer wat onbemande vliegtuie gebruik is in Israel as 'n bewys gedien van die konsep van super-behendigheid vliegtuiggevegsimulasies. Vermoëns soos na-stol-beheerde vlug in gevegsimulasies, versluiering-tegnologie en driedimensionele drukvektorievlugbeheer is o.a. getoets.
Verdere ontwikkeling duimnael|'n MQ-9 Reaper in vlug (2007) Met die rypwording en miniaturalisering van toepaslike tegnologieë in die 1980's en 1990's, het belangstelling in onbemande vliegtuie binne die hoër leierskap van die Amerikaanse Weermag laat groei. In die negentigerjare het die Amerikaanse Departement van Verdediging 'n kontrak aan AAI Corporation gegee saam met die Israeliese maatskappy Malat. Die Amerikaanse vloot het die AAI Pioneer onbemande vliegtuie gekoop wat AAI en Malat gesamentlik ontwikkel het. Baie van hierdie onbemande vliegtuie het in die Golfoorlog in 1991 diens gedoen. Onbemande vliegtuie het die moontlikheid getoon van goedkoper, meer bekwame vegmasjiene wat sonder risiko's vir vlieëniers ontplooi kan word. Aanvanklike geslagte is hoofsaaklik met waarneming opgesaal, maar sommige het wapens gehad, soos die General Atomics MQ-1 Predator, wat AGM-114 Hellfire-lug-tot-grond-missiele gelanseer het.
CAPECON was 'n projek van die Europese Unie om onbemande vliegtuie te ontwikkel, wat vanaf 1 Mei 2002 tot 31 Desember 2005 gestrek het.
Aantal in Amerikaanse gebruik Vanaf 2012 het die Amerikaanse Lugmag 7 494 onbemande vliegtuie in diens gehad - bykans een uit drie Amerikaanse Lugmag-vliegtuie. Die Central Intelligence Agency het ook onbemande vliegtuie bedryf.
In 2013 het minstens 50 lande onbemande vliegtuie gebruik. China, Iran, Israel, Pakistan en ander het hul eie variëteite ontwerp en gebou.
Verwysings
Sien ook Regulering van onbemande vliegtuie
Kategorie:Vliegtuie