duimnael|links|180px|UV Ceti, deur Andrew Posa (1982). Luyten 726-8 (ook bekend as Gliese 65) is een van die naaste dubbelsterre aan die Aarde – sowat 8,7 ligjare weg in die sterrebeeld Walvis. Dit is die prototipe van die veranderlike sterre bekend as opvlamsterre.
Sterstelsel Die sterstelsel is in 1948 deur Willem Jacob Luyten ontdek toe hy ’n katalogus opgestel het van sterre met die grootste eiebeweging. Hy het die ster se besonder groot eiebeweging van 3,37 boogsekondes per jaar opgemerk en dit aangeteken as Luyten 726-8.
Die twee sterre, wat feitlik ewe helder is met skynbare magnitudes van 12,7 en 13,2, wentel elke 26,5 jaar om mekaar. Die afstand tussen die twee sterre wissel van 2,1 tot 8,8 astronomiese eenhede. Die stelsel is sowat 8,58 ligjare van die Aarde af en is dus die 7de naaste sterstelsel aan die Aarde. Die naaste ster aan hom is Tau Ceti, 2,87 ligjare weg.
Luyten-726-8A is ’n veranderlike ster en het die naam BL Ceti gekry. Dit is ’n rooidwerg van spektraaltipe M5,5e. Dit is ook ’n opvlamster en ’n UV Ceti-veranderlike, maar dit is nie naastenby so merkwaardig soos sy metgesel-ster, UV Ceti, nie.
Kort ná die ontdekking van Luyten 726-8A, is die metgesel-ster, Luyten 726-8B, ontdek. Nes Luyten 726-8A was dit ’n veranderlike ster en dit het die naam UV Ceti gekry. Howel UV Ceti nie die eerste opvlamster is wat ontdek is nie, is dit die merkwaardigste bekende ster van dié soort, en soortgelyke opvlamsterre word nou geklassifiseer as UV Ceti-veranderlikes. Dié ster ondergaan buitengewone wisselings in helderheid: in 1952 het sy helderheid in net 20 sekondes met 75 keer toegeneem. UV Ceti is ’n rooidwerg van spektraaltipe M6,0e.
In sowat 31 500 jaar se tyd sal Luyten 726-8 ’n nabye ontmoeting hê met Epsilon Eridani by ’n minimale afstand van sowat 0,93 ligjare en dit kan ’n paar langperiode-komete versteur. Die verbybeweeg van die twee stelsel binne ’n ligjaar van mekaar sal sowat 4 600 jaar duur.
Verwysings
Eksterne skakels
http://www.aavso.org/vstar/vsots/fall03.shtml http://www.solstation.com/stars/luy726-8.htm 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Walvis (sterrebeeld) Kategorie:M-tipe hoofreekssterre