duimnael|links|180px|’n X-straalfoto van die Krap-pulsar (Chandra). Die Krap-pulsar (PSR B0531+21) is ’n relatief jong neutronster. Dit is die middelste ster van die Krap-newel, ’n oorblyfsel van die supernova SN 1054, wat in 1054 oor ’n groot deel van die Aarde waargeneem is.Supernova 1054 – Creation of the Crab Nebula Dit is in 1968 ontdek en is die eerste pulsar wat met ’n supernova verbind is.

Eienskappe Die Krap-pulsar is een van min pulsars wat opties geïdentifiseer is. Dit is rofweg 20 km in deursnee en die pulsar-"strale" roteer een keer elke 33 millisekondes, of 30 keer per sekonde. Die uitvloeiende wind skep die grootste deel van die emissies van die newel, wat gesien word as van radiogolwe tot gammastrale.

Die mees dinamiese eienskap van die binneste deel van die newel is waar die pulsar en ewenaarwinde met die omringende newel bots, en dit veroorsaak ’n grensskok. Die vorm en posisie daarvan verander vinnig omdat die ewenaarwind ’n reeks pulserings veroorsaak wat helderder word en dan verdof terwyl hulle weg van die pulsar in die newel in beweeg.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bul (sterrebeeld) Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Pulsars