Die Slag van Lepanto het op 7 Oktober 1571 plaasgevind tussen die vlote van die Turke en 'n gesamentlike vloot van die Heilige Liga in die golf van Korinthe. Die Turke se vloot het bestaan uit 300 galeie onder bevel van Ali Pasha en die Liga se vloot uit skepe van Spanje en Venesië onder bevel van Don Johan van Oostenryk. Die Liga het die seeslag gewen met die Turke wat die meeste van hulle skepe verloor en 25 000 ongevalle gehad het. Die Liga het ongeveer 'n derde van hulle skepe verloor. Ali Pasha het gesterf tydens die seeslag en die Turkse bedreiging in die Middellandse See is sodoende beëindig.
Verwysings
Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 14, Bladsy 514.
Kategorie:Geskiedenis van Griekeland Kategorie:Geskiedenis van Italië Kategorie:Geskiedenis van Oostenryk Kategorie:Geskiedenis van Spanje Kategorie:Ottomaanse Ryk Lepanto