Eta Aquilae, of η Aql, is die Bayer-naam van ’n ster in die sterrebeeld Arend (Aquila). Die ster het ’n gemiddelde skynbare magnitude van 3,87, en is dus een van die helderste sterre in die Arend. Gebaseer op parallaksmetings wat tydens die Hipparcos-sending gedoen is, is die ster sowat 1 382 ligjare van die Aarde af, hoewel daar ’n foutmarge van 44% is.

Eienskappe Dit is ’n klassieke Cepheïed met ’n wisseling in magnitude van 3,5 tot 4,4 met ’n periode van 7,176641 dae. Saam met Delta Cephei, Zeta Geminorum en Beta Doradus, is dit een van die duidelikste Cepheïede wat met die blote oog gesien kan word; die ster self en die helderheidswisselings is sonder ’n teleskoop sigbaar.

In sy relatief jong bestaan van 26 miljoen jaar het die ster sy waterstof opgebruik en ontwikkel in ’n superreus van spektraaltipe F6 Ibv. Die ster se periodieke pulserings laat dit eintlik wissel tussen klas F6,5 en G2 Ib tydens ’n siklus.

Eta Aquilae se massa is sowat 9 keer dié van die Son, sy radius is 66 keer en sy ligsterkte 11 474 soveel.

Verwysings

Eksterne skakels

Eta Aquilae 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Arend (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:2MASS-voorwerpe Kategorie:F-tipe superreuse