Hochheim am Main is 'n stad in die administratiewe distrik Main-Taunus-Kreis van die Duitse deelstaat Hesse. Hochheim is 'n belangrike sentrum van die wynboubedryf wat hier tot in die Romeinse tydperk terugdateer. Plaaslike wyne, wat teen die suidelike berghange van die Taunus-reeks verbou word, word deur kenners onder die bestes op aarde gereken.Stefan Etzel: Wanderführer Taunus. Ostfildern: DuMont Reiseverlag 2013, bl. 12

Maar dit was veral koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk aan wie wyn uit Hochheim sy wêreldfaam te danke het. Hock, soos dit in die Engelssprekende wêreld genoem word, het sinoniem met Rynwyn geword. Victoria het selfs genesende kragte aan haar gunstelingwyn toegeskryf: A good Hock keeps off the Doc.Etzel (2013), bl. 12

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Hesse