Roquia Sakhawat Hossain (Bengaals: রোকেয়া সাখাওয়াত হোসেন), beter bekend as Begum Rokeya (Bengaals: বেগম রোকেয়া; * 1880 in die dorp van Pairabondh; † 9 Desember 1932), was in die vroeë 20ste eeu 'n skrywer en maatskaplike werker in die onverdeelde Bengale. Sy is wel-bekend vir die rol wat sy in die stryd vir geslagsgelykheid gespeel het. Begum Rokeya was ook die stigter van ′n skool vir Moslem-meisies, wat tot vandat toe bestaan. Sy was ook 'n Moslem feminis. Haar belangrike werke is Sultana se droom en Padmarag. Die moderne feministiese skrywer Taslima Nasrin het verklaar dat Begum Rokeya ′n groot invloed op haar gehad het.

Haar geboortenaam was Roquia Khatun, maar sy is beter bekend as Begum Roquia Sakhawat Hossain of slegs Begum Rokeya.

Werke Sultanar Shopno (Sultana se Droom) Oborodhbashini (Die vrou in ballingskap) Motichur Paddorag (Reuk van die lotus) (onvoltooi) Narir Adhikar (die regte van vroue), ′n opstel vir die Islamitiese Vrouevereniging

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Aktiviste Kategorie:Feministe Kategorie:Indiese skrywers Kategorie:Geboortes in 1880 Kategorie:Sterftes in 1932