PV Telescopii (ook bekend as HD 168476) is ’n B-tipe ekstreme waterstofster in die sterrebeeld Teleskoop. Dit is ook die prototipe van die klas veranderlike sterre met die naam PV Telescopii-veranderlikes.
Hulle is moontlik post-AGB-sterre met swak waterstoflyne en sterker helium- en koolstoflyne. Hul periodes wissel van ’n paar uur tot ’n paar jaar. Sommige navorsers glo hierdie onwaarskynlike sterre is dalk die gevolg van die samesmelting van witdwerge.Gourgouliatos, K. N.; Jeffery, C. S. (2006). "On the angular momentum evolution of merged white dwarfs". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 371 (3): 1381. doi:10.1111/j.1365-2966.2006.10780.x
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Teleskoop (sterrebeeld) Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:B-tipe superreuse