City of Santa Barbara 280px Kaart Seël 180px|center 75px|center Vlag 90px|center Land Deelstaat 20px Kalifornië County 20px Santa Barbara Koördinate Stigting 1782 Geïnkorporeer op 9 April 1850 Oppervlakte: - Totaal 108,697 vk km Hoogte bo seevlak 15 m Bevolking: - Totaal (2018) 91 350 - Bevolkingsdigtheid 840/vk km Tydsone PST (UTC -8) Somertyd PDT (UTC -7) Burgemeester Cathy Murillo Amptelike Webwerf santabarbaraca.gov
duimnael|links|Die Spaanse sendingstasie Santa Barbara, weens sy ligging ook die "Koningin van Sendingstasies" genoem, is die historiese bakermat van die huidige nedersetting, geleë langs die sogenaamde El Camino Real of Koninklike Pad -'n historiese Spaanse koloniale pad in Kalifornië wat oor 'n afstand van 970 km 21 sendingstasies, drie nedersettings (pueblos) en vier garnisoene (presidios) met mekaar verbind het duimnael|links|Die Paseo Nuevo-winkelsentrum in Santa Barbara se middestad duimnael|links|Sononder oor die Stille Oseaan Santa Barbara is 'n stad in die deelstaat Kalifornië, geleë tussen die steil bergpieke van die Santa Ynez-berge en die Stille Oseaan, sowat 90 minute per motor noord van Los Angeles in 'n streek waarna as die Amerikaanse Riviera verwys word.Neverstoptraveling.com: Santa Barbara, the American Riviera. Besoek op 23 Maart 2020 Hier strek die stadsgebied oor 'n afstand van 110 myl langs Kalifornië se Sentrale Kus-gebied (Central Coast). Die administratiewe kantoor van die Santa Barbara County (Verenigde State) is ook hier gesetel. Die Spanjaarde het hier reeds in 1782 'n nedersetting gestig wat ná Kalifornië se toetreding tot die Unie in 1874 geïnkorporeer is.
Die meeste geboue in die stad, insluitende hotelle, het 'n Spaanse motief - met rooi teëldakke, wit gepleisterde mure, gesofistikeerde gietysterversierings en kleurryke teëls. Santa Barbara se ikoniese boukuns in die Spaanse koloniale styl het sy oorsprong in die middel van die 1920's toe stadsvaders soos Pearl Chase 'n poging onderneem het om die stad se argitektoniese verlede op 'n romantiese manier te laat herleef. Jaarliks word in Augustus 'n groot Spaanse fees gevier, die Old Spanish Days Fiesta.
In 1969 was die hawe en strande vir kilometers besoedel deur olie nadat 'n ondersese boorgat begin lek het. In Januarie 2018 het 'n modderstorting in die stadsbuurt Montecito menselewens geëis en groot skade berokken.CBS News, 14 Januarie 2018: Southern California mudslides: 20 dead after crews recover body. Besoek op 23 Maart 2020
Lughawe Daagliks vertrek 21 regstreekse vlugte van Santa Barbara se lughawe (SBA) na sewe groot Amerikaanse metropole - Dallas, Denver, Los Angeles, Phoenix, Portland, San Francisco en Seattle.
Bekende boorlinge Julie Felix (1938−2020), folk-sangeres
Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 412.
Verwysings
Eksterne skakels Toerisme
Santa Barbara - The American Riviera
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Kalifornië