Die Santa Rosa-eiland is 'n lang, nou eiland naby die noordwes kus van Florida, digby Pensacola. Die eiland is 80 km lank en 1,6 km breed. Dit lê parallel met die kus. 'n Aantal brûe verbind die eiland met die hoofland. Fort Pickens, gebou in 1834, is op die westelike deel van die eiland geleë. Die fort was gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog die hele tyd onder beheer van die Unie-soldate. Dit het later gedien as 'n militêre tronk.

Bronnelys Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 419.

Kategorie:Eilande in Karibiese See Kategorie:Eilande van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Florida