duimnael|Molekulêre struktuur van kafeïen
Kafeïen of kafeïne is ’n alkaloïed wat onder meer in koffiebone, tee, mate en kakaobone voorkom. Kafeïen as ’n suiwer stof is ’n wit, bitter poeier. Dit is ’n matige psigoaktiewe stof met ’n stimulerende werking.
Uitwerking Kafeïen is ook die opwekkende stof in ’n paar drankies soos kolas en energiedrankies. Soms word kafeïen by pynstillers soos parasetamol gevoeg om ’n sterker en langer uitwerking te verkry. Kafeïen stimuleer die ortosimpatiese senuweestelsel, hartslag en asemhaling. Die uitwerking begin gewoonlik ’n uur ná inname en neem tot vyf ure daarna af.
Met gereelde inname deur die mens kan die uitwerking per hoeveelheid afneem, en meer kafeïen word dan benodig om dieselfde uitwerking te verkry. Verslawing kan intree en ’n skielike afname in gebruik kan hoofpyn, ’n groot daling in bloeddruk en ander onttrekkingsimptome tot gevolg hê.
Die hoeveelheid kafeïen wat in drankies voorkom, is min of meer:
Drankie Milligram kafeïen per 100 ml of 100 g Eenheid Mg kafeïen per porsie Filterkoffie 70 mg Koppie 125 ml 85 Kitskoffie 50 mg Koppie 125 ml 60 Espresso 130 mg Koppie 50 ml 65 Kafeïenvrye koffie 2,5 mg Koppie 125 ml 3 Swart tee 30 mg Koppie 125 ml 40 Groen tee 15 mg Koppie 125 ml 20 Kola 10 mg Glas 180 ml 18 Ys tee 9 mg Glas 180 ml 16 Energiedrankie 30 mg Blik 250 ml 80
Bronne
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
Kategorie:Tee Kategorie:Koffie Kategorie:Drank Kategorie:Psigotropiese middels