Die Hyundai Santa Fe (Koreaans: 현대 투싼) is 'n mediumgrootte oorkruis sportnutsvoertuig wat sedert 2000 deur die Suid-Koreaanse vervaardiger Hyundai vervaardig word. Dit is gebaseer op die Hyundai Sonata platform. Dit is vernoem na die stad Santa Fe, Nieu-Meksiko.
Die Santa Fe is vrygestel vir die 2001-modeljaar as Hyundai se eerste SNV, op dieselfde tydstip as die Ford Escape en die Pontiac Aztek. Die Santa Fe was 'n mylpaal in die maatskappy se herstruktureringsprogram van die laat 1990's, want, ten spyte van kritiek wat van joernaliste ontvang is oor sy duistere lyk, was die SNV 'n treffer by Amerikaanse kopers. Die SNV was so gewild dat Hyundai by tye nie in die vraag kon voorsien nie.
Die Santa Fe het vinnig Hyundai se besverkoper geword en bygedra tot Hyundai se sukses in die VSA. Die Santa Fe pas tussen die kleiner, kompakte Tucson en die groter, luukse SNV Veracruz in.
In 2012 is die derde geslag Santa Fe beskikbaar gestel in twee weergawes, met die (5-sitplek) Sport in September 2012 en die langasmodel wat die Veracruz vervang, beskikbaar by vertoonlokale sedert November 2012.
Eksterne skakels
Santa Fe