Die Great Wall Florid (Chinees: 长城 炫丽) is 'n kompakte motorvoertuig wat sedert 2010 deur die Chinese vervaardiger Great Wall Motors vervaardig word.

Stilering is vermoedelik van die eerste geslag Toyota ist gekopieer, terwyl die neusdeel geïnspireer is deur die tweede geslag Toyota Yaris-luikrug.

Dit word in verskeie lande, waaronder Suid-Afrika, verkoop. Daar is twee weergawes van die Florid, die basiese Florid en die Florid Cross met nuutontwerpte wiele, binne-afwerking en 'n bakwerkstel.

Verwysings

Kategorie:Motorvoertuie