Sint Patrick (Latyns: Patricius; Proto-Iers: *Qatrikias; O'Rahilly, Thos. The Two Patricks: A Lecture on the History of Christianity in Fifth-century Ireland, bl. 43–44. Dublin Institute for Advanced Studies, 1942. Moderne Iers: Pádraig [ˈpˠaːd̪ˠɾˠəɟ]; Wallies: Padrig) was 'n 5de eeuse Romeins-Britse Christelike sendeling en aartsbiskop van Armagh in Ierland. Sint Patrick, wat ook die "Apostel van Ierland" genoem word, is die hoofbeskermheilige van Ierland, naas Brigit van Kildare en Columba.

Die lewensdatums van Patrick kan nie met sekerheid bepaal word nie, maar volgens 'n wydverspreide beskouing was hy 'n sendeling in Ierland gedurende die tweede helfte van die 5de eeu. Hy word algemeen as die eerste biskop van Armagh beskou en het die Christelike geloof nie net in Ierland gevestig nie, maar ook 'n belangrike rol by die kerstening van die Pikte en Angel-Saksers gespeel.

Skriftelike oorlewerings is beperk tot twee kort werke, Patrick se spirituele outobiografie Confessio, en sy Brief aan Coroticus waarin hy kritiek op die mishandeling van Ierse Christene in Brittanje lewer.Encyclopædia Britannica: Saint Patrick – Bishop and patron saint of Ireland

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Britse sendelinge Kategorie:Aartsbiskoppe Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Mense in die 5de eeu Kategorie:Christendom in Ierland Kategorie:Geboortes in 385 Kategorie:Sterftes in 461