Bessbrook is 'n nedersetting en Protestantse enklawe in 'n merendeels Rooms-Katolieke gebied in die graafskap Armagh, Noord-Ierland, sowat 5 km noordwes van Newry en naby die hoofpad en spoorweg tussen Dublin en Belfast geleë.

Bessbrook, wat in 1845 as vroeë Kwaker-nedersetting en modeldorp rondom die Richardson-familie se linnefabriek gestig is en tans nie ver van Newry se treinstasie geleë is nie, bestaan uit drie townlands - Maghernahely, Clogharevan en Maytown - wat uitmekaar geleë is. In die laat 20ste eeu - die periode van politieke onluste wat as the Troubles bekendstaan - is die omgewing van Bessbrook deur ernstige geweldpleging geteister en in 'n militêre sone met 'n groot garnisoen omgeskep waar die besigste (militêre) helihawe in Europa ontstaan het.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Noord-Ierland