Minorka (Katalaans: Menorca [məˈnɔrkə]; Spaans: Menorca [meˈnorka]; vanaf Latyn: Insula Minor "kleiner eiland", later Minorica "die kleiner een", in vergelyking met Mallorca "die groter een") is 'n Spaanse eiland in die Middellandse See en is die tweede grootste eiland van die Baleariese Eilande. Dit is ongeveer 40 km noordoos van Majorka en het 'n oppervlakte van 695,7 km².

Geografie Die eiland is 48 km lank en 16 km breed, en geologies stem dit ooreen met Majorka. Dit is in wese 'n rotsagtige tafelblad met hoë rotsafgronde waar dit aan die see grens.

Landbou en vissery is die hoofbron van inkomste.

Sien ook Lys van eilande van die Middellandse See

Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 15, Bladsy 695.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Baleariese Eilande Kategorie:Voormalige Britse kolonies