Die Slag van Stalingrad (23 Augustus 1942 – 2 Februarie 1943)McDougal Littell, (2006)Roberts (2006: 143)Biesinger (2006: 699): "On August 23, 1942, the Germans began their attack." was ’n groot en belangrike slag van die Tweede Wêreldoorlog waarin Nazi-Duitsland en sy bondgenote teen die Sowjetunie geveg het om beheer van die stad Stalingrad (nou Wolgograd) in die suidweste van die Sowjetunie.
Dit is gekenmerk deur gewelddadige konflikte op kort afstand en direkte aanvalle op burgerlikes deur die Luftwaffe, en word dikwels beskou as die grootste en bloedigste konflik in die geskiedenis van oorlogvoering. Die swaar verliese van die Wehrmacht maak dit waarskynlik een van die mees strategies beslissende gevegte van die hele oorlog.Taylor (1998) Vol IV, bl. 142 Dit was ’n keerpunt vir Europa – die Duitse magte het nooit weer die inisiatief in die ooste teruggewen nie en het ’n groot militêre mag aan die weste onttrek om op te maak vir hul verliese.Bellamy, (2007)
Die Duitse aanval deur die 6de Leër en elemente van die 4de Pantserleër op Stalingrad het in die laatsomer van 1942 begin. Die aanval is gerugsteun deur intensiewe lugbomaanvalle wat ’n groot deel van die stad in puin gelê het. Die stryd het later ontaard in gevegte van gebou tot gebou en albei partye het versterkings na die stad gestuur. Teen die middel van November 1942 het die Duitsers die Sowjet-verdedigers teruggedryf in smal sones aan die wesoewer van die Wolgarivier.
Op 19 November 1942 het die Rooi Leër Operasie Uranus van stapel laat loop – met aanvalle op die swakker Roemeense en Hongaarse magte wat die flanke van die Duitse 6de Leër beskerm het.Beevor (1998: 239) Die magte van die Spilmoondhede aan die flanke is oorrompel en die 6de Leër is in die Stalingrad-gebied afgesny en omsingel. Adolf Hitler het opdrag gegee dat die leër in Stalingrad bly en het geen poging aangewend om hulle aan die gebied te onttrek nie; in plaas daarvan is pogings aangewend om die leër per lug van voorraad te voorsien en die omsingeling van buite te verbreek. Hewige gevegte het nog twee maande voortgeduur. Teen die begin van Februarie 1943 was die Spilmoondhede in Stalingrad se ammunisie en kos op en het die oorblywende deel van die 6de Leër hulle oorgegee.Shirer (1990) Die slag het vyf maande, een week en drie dae geduur.
Historiese agtergrond Teen die lente van 1942, ondanks die mislukking van Operasie Barbarossa om die Sowjetunie in ’n enkele aanslag te oorwin, het die oorlog goed afgeloop vir die Duitsers: die U-bootaanval in die Atlantiese Oseaan was baie suksesvol en Rommel het pas Tobroek oorrompel.Kershaw, (2000) In die ooste het hulle hul front gestabiliseer in ’n linie van Leningrad in die noorde tot Rostof aan die Don in die suide. Daar was ’n paar uitlopers in die linie waar die Sowjetunie die Duitsers teruggedryf het (veral noordwes van Moskou en suid van Charkof), maar dit het nie ’n groot bedreiging ingehou nie. Hitler was oortuig daarvan dat hy die Rooi Leër teen die winter van 1942 sou verslaan, want ondanks Heeresgruppe Mitte se terugslae wes van Moskou die vorige winter, was 65% van sy infanterie uitgerus en toegerus omdat hulle nie aan gevegte deelgeneem het nie. Nie Leërgroep Noord of Leërgroep Suid was in die winter onder groot druk nie.Taylor en Clark, (1974)
Josef Stalin het verwag die grootste someroffensief sou weer teen Moskou gerig wees. Die Duitsers het egter besluit om hul somerveldtog op die suide van die Sowjetunie toe te spits. Die aanvanklike doel van die aanval op Stalingrad was die vernietiging van die nywerheidvermoëns van die stad en die ontplooiing van magte om die Wolga te blokkeer. Die rivier was ’n belangrike roete van die Kaukasus en die Kaspiese See na Sentraal-Rusland. Die val van die stad sou die handelsverkeer op die rivier ontwrig. Die Duitsers het die pyplyn van die olievelde afgesny toe hulle Rostof op 23 Julie ingeneem het. Die oorname van Stalingrad sou die aflewering van voorraad van die Leen-en-pagwet deur die Persiese Korridor bemoeilik.P.M.H. Bell, Twelve Turning Points of the Second World War, Yale University Press, New Haven en Londen, 2011, p 96
Die Duitse operasies was aanvanklik baie geslaagd. Op 23 Julie 1942 het Hitler persoonlik die operasiedoelwitte vir die 1942-veldtog herskryf en dit grootliks uitgebrei om die beleg van Stalingrad in te sluit. Albei kante het groot propagandawaarde aan die stad begin heg omdat dit na die leier van die Sowjetunie genoem is. Daar is aangeneem die val van die stad sou ook die noordelike en westelike flanke van die Duitse leërs beveilig terwyl hulle na Bakoe beweeg met die doel om daardie strategiese petroleumbronne vir Duitsland in te palm. Die aanval was gebaseer op ’n oorwinningskoors en ’n onderskatting van die Sowjet-reserwes.Walsh, Stephen. (2000). Stalingrad 1942–1943 The Infernal Cauldron. London, New York: Simon & Schuster. .
Die Sowjetunie het besef hy is onder geweldige druk wat tyd en hulpbronne betref en het opdrag gegee dat enigiemand wat sterk genoeg was om ’n geweer vas te hou, gestuur word om te veg.McDonald (1986)
Inleiding
Leërgroep Suid is gekies om deur die Suid-Russiese steppe te breek tot in die Kaukasus om die belangrike Sowjet-olievelde daar oor te neem. Die beplande someroffensief is Fall Blau (Geval Blou) genoem. Dit sou die Duitse 6de, 17de, 4de Pantser- en 1ste Pantserleër insluit. Leërgroep Suid het die Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek in 1941 ingeneem. Dit was in die Oos-Oekraïne, en sou die aanval lei.
Hitler het egter tussenbeide getree en die Leërgroep gelas om in twee te verdeel. Leërgroep Suid (A), onder die bevel van Wilhelm List, moes soos beplan saam met die 17de Lëer en 1ste Patserleër suidwaarts bly beweeg na die Kaukasus, terwyl Leërgroep Suid (B), insluitende die 6de Lëer en 4de Pantserleër, ooswaarts moes beweeg na die Wolga en Stalingrad.
Die begin van Blau is vir laat in Mei 1942 beplan. ’n Paar Duitse en Roemeense eenhede wat daaraan moes deelneem, was egter besig om Sewastopol op die Krim te beleër. Weens vertragings om die beleg af te handel, is die datum vir Blau verskeie kere uitgestel; die stad is eers einde Junie verower. ’n Kleiner aanval is intussen geloods, waarin ’n Sowjet-oorloper in die Tweede Slag van Charkof afgesny is, en dit het gelei tot die ontplooiing van ’n groot Sowjet-mag op 22 Mei.
duimnael|links|Die Duitse leër se optog na die Don tussen 7 Mei en 23 Julie. Blau het eindelik op 28 Junie 1942 begin met ’n aanval deur Leërgroep Suid in Suid-Rusland. Aanvanklik het dit goed gegaan met die Duitsers. Die Sowjet-magte het min weerstand gebied op die groot, oop steppe en het ooswaarts begin beweeg. Verskeie pogings om ’n verdedigingslinie te hervestig het misluk terwyl die Duitse eenhede hulle van die kante af aangeval het. Intussen het die Hongaarse 2de Leër en die Duitse 4de Pantserleër die stad Woronezj op 5 Julie verower.
Die aanvanklike inval van die 6de Leër was so suksesvol dat Hitler tussenbeide getree en die 4de Pantserleër opdrag gegee het om by Leërgroep Suid (A) in die suide aan te sluit. ’n Groot verkeersknoop het ontstaan toe die 4de en 1ste Pantserleër albei die paar paaie in die streek probeer gebruik. Albei leërs is in hul spore gestuit terwyl hulle die opeenhoping van voertuie probeer uitsorteer het. Die oponthoud was lank, en daar word geglo dit het die inval met minstens ’n week gestuit. Hitler het weer van plan verander en besluit die 4de Pantserleër moet hulle weer op Stalingrad toespits.
duimnael|Voetsoldate met ’n StuG III op pad na Stalingrad. Teen einde Julie het die Duitsers die Russe oor die Donrivier teruggedryf. In dié tyd was die Don en Wolga net 65 km uitmekaar en die Duitsers het hul belangrikste voorraaddepots wes van die Don gelos. Dit sou later in die slag belangrike gevolge hê.
Die Duitsers het die leërs van hul Italiaanse, Hongaarse en Roemeense bondgenote begin gebruik om hul (noordelike) linkerflank te beskerm. Die Duitse 6de Leër was net ’n paar dosyn kilometer van Stalingrad, en die 4de Pantserleër, wat nou suid van hulle was, het noordwaarts gekeer om die stad te help inneem. In die suide het Leërgroep A ver in die Kaukasus inbeweeg, maar hul inval is vertraag deur die groot druk op hul voorraadlinies. Die twee Duitse leërgroepe was weens die groot afstande nie in staat om mekaar te ondersteun nie.
Nadat dit in Julie 1942 duidelik geword het wat die Duitsers beplan, het Josef Stalin maarskalk Andrei Jerjomenko op 1 Augustus 1942 as bevelvoerder van die suidoosfront aangestel en kommissaris Nikita Chroesjtsjof het opdrag gekry om die verdediging van Stalingrad te behartig.Craig, (1973) Die oosgrens van Stalingrad was die breë Wolgarivier en bykomende Russiese magte is oorkant die rivier ontplooi. Dié eenhede het die nuwe 62ste Leër geword, en Jerjomenko het luitenant-generaal Wasili Tsjoeikof op 11 September 1942 in bevel daarvan geplaas. Dit was nie ’n maklike taak nie en toe hy gevra is hoe hy sy opdrag beskou, het hy gesê: "Ons sal die stad verdedig of sterf terwyl ons probeer."Beevor (1998), 198. Die 62ste Leër se opdrag was om Stalingrad tot elke prys te verdedig. Tsjoeikof se leierskap in die slag het hom een van sy twee toekennings as Held van die Sowjetunie besorg.
Aanval op Stalingrad duimnael|upright=1.4|Die Duitse optog na Stalingrad tussen 24 Julie en 18 November. Op 23 Augustus het die 6de Leër die buitewyke van Stalingrad bereik op die spoor van die Sowjetunie se 62ste en 64ste Leër. Veldmaarskalk Paul Ludwig Ewald von Kleist het later van die oorlog gesê:Clark, Lloyd, Kursk: The Greatest Battle: Eastern Front 1943, 2011, bl. 157 "Die verowering van Stalingrad was ondergeskik aan ons hoofdoel. Dit was net van belang as ’n gerieflike plek, in die bottelnek tussen die Don en die Wolga, waar ons ’n aanval deur Russiese magte uit die ooste op ons flank kon afkeer. Aan die begin was Stalingrad vir ons niks meer as ’n naam op die kaart nie."
Die Sowjet-magte het genoeg waarskuwing gehad van die Duitsers se opmars om graan, beeste en spoorwegtrokke oor die Wolga en buite bereik van die Duitsers te kry, maar die meeste burgerlike inwoners het agtergebly. Die verwydering van voorraad het die stad sonder genoeg kos gelaat nog voor die Duitse aanval begin het. Voor die landmagte die stad bereik het, het die Luftwaffe die Wolga, wat noodsaaklik was om voorraad in die stad in te bring, onbegaanbaar gemaak vir Sowjet-skepe. Tussen 25 en 31 Julie is 32 skepe verwoes en nog nege erg beskadig.Bergström, Christer, (2007)
duimnael|links|’n Duitse offisier met ’n Russiese PPSh-41-submasjiengeweer wat hy oorgeneem het, soos dikwels gebeur het indien moontlik omdat die Russiese wapens doeltreffender op kort afstande was as die Duitse wapens. Die geveg het begin met die bombardering van die stad deur kolonel-generaal Wolfram von Richthofen se Luftflotte 4, wat in die somer en herfs van 1942 die sterkste lugformasie in die wêreld was. Sowat 1 000 ton bomme is binne 48 uur op die stad gegooi, meer as op Londen tydens die hoogtepunt van die Blitz. ’n Groot deel van die stad is gou in puin gelê hoewel ’n paar fabrieke produksie voortgesit het terwyl hul werkers aan die gevegte deelgeneem het. Die 369ste Versterking-infaterieregiment van Kroasië was die enigste nie-Duitse eenheidPojić, Milan. Hrvatska pukovnija 369. na Istočnom bojištu 1941. – 1943.. Kroatiese Staatsargiewe. Zagreb, 2007. wat deur die Wehrmacht gekies is om die stad tydens die aanval binne te gaan. Dit het deel gevorm van die 100ste Jäger-divisie.
Stalin het alle beskikbare troepe na die oosoewer van die Wolga gehaas, party van so ver as Siberië. Al die gewone veerbote is gou deur die Luftwaffe vernietig, en daarna het hulle hulle toegespits op troepedraers wat stadig deur sleepbote oor die rivier getrek is.