Majorka (Katalaans: Mallorca [məˈʎɔrkə]; Spaans: Mallorca [maˈʎorka]; vanaf Latyn: Insula Maior "groter eiland", later Maiorica "die groter een", in vergelyking met Menorca "die kleiner een") is 'n Spaanse eiland in die Middellandse See en is die grootste eiland van die Baleariese Eilande. Dit is ongeveer 160 km van die ooskus van Spanje en het 'n oppervlakte van 3 640,11 km². Die hoofstad en grootste stad is Palma de Mallorca, sowel van die eiland as van die provinsie Baleariese Eilande.
Geografie Daar is twee bergreekse aan weerskante van die eiland, parallel met mekaar, wat van suidwes na noordoos strek. Tussen die bergreekse is 'n vrugbare vlakte.
Ekonomie Die ekonomie bestaan uit vissery en boerdery. Die eiland is ook bekend vir sy muskadel- en montana-wyne.
Sien ook Lys van eilande van die Middellandse See
Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 15, Bladsy 284.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Baleariese Eilande