Die Ford Capri is 'n "fastback"-koepee wat deur Ford van Europa gebou is gedurende 1969–1986. Dit is ontwerp deur Philip T. Clark, bekend as een van die hoofontwerpers van die Ford Mustang. Die Capri was 'n suksesvolle motor vir Ford gewees, wat met behulp van die meganiese komponente van die Ford Cortina bedoel was as die Europese ekwivalent van die Ford Mustang. Daar is byna 1.9 miljoen eenhede oor sy leeftyd verkoop.
'n Verskeidenheid van enjins is in die Capri gebruik, veral die Essex en Keulen V6'e aan die bokant van die reeks, terwyl die Kent inlynviersilinder- en Taunus V4-enjins gebruik is in laerspesifikasiemodelle.
Hoewel die Capri nie amptelik deur enige Ford model vervang is nie, is die tweede geslag Probe effektief sy plaasvervanger ná laasgenoemde motor se bekendstelling in die Europese mark in 1992.
Verwysings
Capri