Selma 280px Kaart Wapen 180px|center 90px|center Vlag 90px|center Land Deelstaat 20px Alabama County Dallas Koördinate Stigting 1732 Inkorporasie 1820 Oppervlakte: - Totaal 37,4 vk km Hoogte bo seevlak 38 m Bevolking: - Totaal (2013) 19 912 - Bevolkingsdigtheid 548,4/vk km Tydsone CST (UTC -6) Somertyd CDT (UTC -5) Burgemeester George Patrick Evans Amptelike Webwerf selma-al.gov
Selma is 'n stad in die deelstaat Alabama geleë op die oewers van die Alabamarivier. Die administratiewe setel van die Dallas County is hier geleë. Die stad is 81 km wes vanaf Montgomery. Die eerste nedersetters was reeds in 1732 hier en die nedersetting het bekendgestaan as Ecor Bienville. Dit het verskeie name gehad totdat dit dorpstatus in 1820 verkry het. Die dorp was tydens die Amerikaanse Burgeroorlog eers in die Konfederale Magte se hande en is in April 1865 deur die Unie Magte beset. Skepe van Adminiraal Buchanan se Konfederale Vloot is hier gebou.
Die dorp het bekend geword tydens die Amerikaanse Burgerregtebeweging toe betogers wat van Selma na Montgomery, Alabama, marsjeer het brutaal vermoor word deur die polisie op 7 Maart 1965. Die aangeval staan bekend as Bloedige Sondag.
Craig Lugmagbasis is hier naby geleë.
Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 586.
Kategorie:Nedersettings in Alabama