duimnael|links|Vallei van die Río Marañón tussen Chachapoyas en Celendín, Peru duimnael|links|Die Río Marañón in die Huánuco-streek, Peru duimnael|links|Die Río Marañón in die provinsie Yarowilca, Peru duimnael|links|Die Río Marañón in die Cajamarca-streek, Peru Die Río Marañón (Spaans: [ˈri.o maɾaˈɲon]) is die grootste sytak van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Dit is saam met die Río Ucayali een van twee bronriviere van die Amasonerivier. Die rivier, met 'n lengte van 1 737 km, is die langste rivier, wat uitsluitlik deur Peru vloei. Die Río Marañón vloei deur hooggebergte, half-woestyn valleie, asook subtropiese en tropiese reënwoud.
Die Río Marañón ontstaan deur die saamvloei van die Río Lauricocha en die Río Nupe in die Peruaanse Andes noordoos van Lima. Aansluitend vloei die rivier binne die Andes in noordwestelike rigting parallel tot die kus van die Stille Oseaan. Net suid van die grens tot Ecuador vloei die Río Marañón in oostelike rigting. Naby die ewenaar net wes vanaf die grens tot Brasilië vloei die rivier met die uit suidelike rigting komende Río Ucayali saam en die hoofloop van die Amasonerivier ontstaan, vanaf hier ook Rio Solimões genoem.
Sytakke Die grootste sytakke (stroomaf): Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag, Reader's Digest: Weltatlas. The Reader's Digest Association Limited, London Linkse sytakkeRegse sytakke Paccha Chamaya Chinchipe Cenepa Santiago Moroña Pastaza Nucuray Urituyacu Chambira Tigre Utcubamba Imaza Nieva Apaga Huallaga Samiria
Verwysings
Kategorie:Riviere in Peru