Rilee Rossouw (9 Oktober 1989 in Bloemfontein) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler wat vir die Proteas gespeel het tot in 2016. Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 2015, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2016 en 2022 vir Suid-Afrika gespeel.

Internasionale loopbaan Hy het in Desember 2007 sy debuut vir Suid-Afrika se onder-19 span gemaak in die tweede toets teen Bangladesj. South Africa Under-19s v Bangladesh Under-19s, Bangladesh Under-19s in South Africa 2007/08 (2nd Test), CricketArchive. Besoek op 11 April 2009 Hy het ook voor die o/19-krieketwêreldbeker 2008 teen Indië gespeel. Player Oracle: RR Rossouw, CricketArchive. Besoek op 11 April 2009 By die Wêreldbeker-toernooi het hy in al ses wedstryde gespeel, en 136 lopies aangeteken teen 'n gemiddeld van 34,00 per beurt. Suid-Afrika het die eindstryd bereik. ICC Under-19 World Cup 2007/08 – Batting and Fielding for South Africa Under-19s, CricketArchive. Besoek op 11 April 2009

Rossouw is in 2010 vir die Suid-Afrika A-span gekies vir die toer na Bangladesj en Sri Lanka. Hy het 131 van 151 balle teen Sri Lanka A aangeteken. Rossouw century puts South Africa in command, Cricinfo. Besoek op 9 Oktober 2010

Hy het in Augustus 2014 sy EDI- teen Zimbabwe en op 5 November 2014 sy T20I-debuut teen Australië gemaak.

Verwysings

Eksterne skakels

Rilee Rossouw by Cricinfo Rilee Rossouw by CricketArchive

Kategorie:Geboortes in 1989 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers