duimnael|links|Die Rio Tapajós in die deelstaat Pará duimnael|links|Die Rio Tapajós naby Santarem, Pará duimnael|links|Die Rio Tapajós se monding in die Amasonerivier Die Rio Tapajós (Portugees: [ˈʁi.u tɐpɐˈʒɔs]) is een van die grootste sytakke van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 930 km, vloei deur die Brasiliaanse deelstate Pará en Amazonas.
Die Rio Tapajós ontstaan deur die saamvloei van die Rio Juruena en die Teles Pires in die deelstaat Pará en vloei aansluitend in sy grootste geheel deur die deelstaat Pará. Die rivier vloei in noordoostelike rigting parallel tot die Rio Madeira in die weste deur die Amasone-bekken van Brasilië en vorm die grens tussen die deelstate Pará en Amazonas. Aan sy monding in die Amasonerivier is die Rio Tapajós sowat 12 km breed en dus groter as die Amasonerivier, maar ook vlakker. Die grootste stad, wat aan die rivier geleë is, is Santarém, naby die rivier se monding, gevolg deur Itaituba, sowat 400 km suidwes van die Amasonerivier af.
Sytakke Die grootste sytakke (stroomaf): Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. Río Cururu (regs) Río Leste (regs) Río das Tropas (regs) Río Crepori (regs) Rio Jamanxim (regs) Río Igarapé Açu (regs)
Verwysings
Kategorie:Amazonas Kategorie:Pará Kategorie:Riviere in Brasilië