duimnael|links|Kaart wat die saamvloei van die Río Tambo en die Río Urubamba asook die Río Ucayali se boloop in die Peruaanse Andes vertoon duimnael|links|Die Río Ucayali in Atalaya, Peru duimnael|links|Die Río Ucayali in Pucallpa, Peru Die Río Ucayali (Spaans: [ˈri.o ukaˈʝali]) is die tweede grootste sytak van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Dit is saam met die Río Marañón een van twee bronriviere van die Amasonerivier. Die rivier, met 'n lengte van 1 460 km, is die tweede langste rivier, wat uitsluitlik deur Peru vloei. Die Río Ucayali vloei deur hooggebergte, half-woestyn valleie, asook subtropiese en tropiese reënwoud.
Die Río Ucayali ontstaan deur die saamvloei van die Río Tambo en die Río Urubamba in die Peruaanse Andes, sowat 110 km noordwes van die Titicacameer. Aansluitend vloei die rivier oos van die Andes in noordelike rigting parallel tot die grens van Brasilië. Naby die ewenaar net wes vanaf die grens tot Brasilië vloei die rivier met die uit oostelike rigting komende Río Marañón saam en die hoofloop van die Amasonerivier ontstaan, vanaf hier ook Rio Solimões genoem.
Sytakke Die grootste sytakke (stroomaf): Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag, Cohenga (regs) Sheshea (regs) Pachitea (links) Tamaya (regs) Aguaytia (links) Pisqui (links) Cushabatay (links) Guanache (regs) Tapiche (regs) Pacaya (links)
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Peru