Sarnia is 'n hawestad in die provinsie Ontario, Kanada, geleë aan die oewer van die Huronmeer. Die stad is geleë aan die suidelike punt van die Huronmeer, direk op Kanada se suidwestelike grens met die Verenigde State van Amerika. Dit het in 1914 stadstatus verkry.

Daar is 'n groot olieraffinadery en graansilo by die stad.

Die stad is met Port Huron, Michigan via die Internasionale Spoorwegtonnel en die Blue Water International Bridge verbind.

Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 434.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Ontario