Karelies (karjala, karjal or kariela) is 'n taal wat in Karelië deur 118 000 mense gepraat word. Karelies behoort tot die Oosseefinse tak van die Fins-Oegriese tale, wat een van die twee subfamilies van die Oeraalse tale verteenwoordig. Karelies word in die Russiese deelrepubiek Karelië en deur omtrent 5000 mense in Finland gepraat.
duimnael|links|Verspreiding van Kareliese dialekte Karelies is nou verwant aan Fins en dit word nie altyd as 'n aparte taal gesien nie. Die twee tale se grammatika is identies en dit verskil hoofsaaklik in woordeskat en uitspraak. Karelies beskik oor die klanke "z", "sh" en "zh" terwyl die klanke in Fins gereduseer is na "s". Fins is sterk deur Sweeds beïnvloed as gevolg van die lang geskiedenis wat dit as Sweedse besitting gehad terwyl Karlies reeds lank in die Russiese sfeer is en dus meer Russiese leenwoorde insluit en op ander maniere deur Russies beïnvloed is.Östen Dahl, Past and Present, The role of language contact in the formation of Karelian past, Uitgegee deur John Benjamins Publishing Company, 2001 , , bl. 258 Westelike Kareliese dialekte kan nouliks van oostelike Finse dialekte onderskei word.Rein Taagepera, The Finno-Ugric Republics and the Russian State, Uitgegee deur C. Hurst & Co. Publishers, 1999, , , bl. 110 Karelies word dus as 'n taal apart van Fins besou eerder om geopolitiese redes as taalkundige oorweginge.The Peoples of the Red Book, THE KARELIANS, besoek op 4 Januarie 2009
Onder die Finse tale het Karelies die onderskeid dat die oudste geskrewe vorm van Fins daarin geskryf is, wat terug dateer na die 13de eeu. Dit bestaan uit 'n drie-lyn teksfragment op 'n strook boombas wat in 1957 tydens argeologiese opgrawings in Nowgorod ontdek is. Ironies genoeg is daar, anders as in die geval van Fins, egter steeds geen Kareliese standaardtaal en gepaardgaande ortografie nie.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Fins-Oegriese taalfamilie Kategorie:Tale van Rusland