François Chabot (23 Oktober 1756 - 5 April 1794) was 'n radikale politikus tydens die Franse Rewolusie. As gewese Kapusyne-monnik het hy in die Konvent as fanatieke Cordelier bekend gestaan. Hy het onder meer voorgestel dat die katedraal Notre-Dame in Parys tot Tempel van die Rede omvorm word. As een van Danton se aanhangers word hy in 1794 onthoof.

Kategorie:Franse politici Kategorie:Mense in die 18de eeu Kategorie:Tereggestelde mense Kategorie:Franse Rewolusie Kategorie:Geboortes in 1756 Kategorie:Sterftes in 1794