Kyle John Abbott (gebore 18 Junie 1987 in Empangeni) is 'n Suid-Afrikaanse eersterangse krieketspeler wat vir die Dolphins in plaaslike krieket speel. Hy is 'n regterarm mediumvinnige bouler. Hy het vir die Suid-Afrika A-krieketspan gespeel.

Hy is aangewys as die plaasvervanger vir die beseerde Jacques Kallis in die Suid-Afrika nasionale krieketspan vir die derde toets teen Pakistan in Februarie 2013. Injured Morkel out of third Test, Kyle Abbott in Hy het sewe paaltjies ingeoes tydens sy debuut in die 3de toets teen Pakistan in Februarie 2013. Dit was die negende beste syfers van alle tye vir 'n debutant in toetskrieket.

In 2006 en 2007 het Kyle krieket gespeel vir 'n Engelse dorpie genaamd Clevedon Krieketklub wat in die Westedeel van die Engeland Premier League – Bristol Somerset. Dit is hier waar hy raakgesien is deur Somerset CCC, en toe 'n plek in hul tweede span gekry het.

In 2015 is Abbott in die IPL 8 veiling deur die Chennai Super Kings gekoop.

Hy speel in toets-, EDI- en T20I-wedstryde vir die Proteas. Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 2015 en die T20I-wêreldbeker 2016 vir Suid-Afrika gespeel.

Verwysings

Eksterne skakels Kyle Abbott by ESPNcricinfo Kyle Abbott by CricketArchive

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense