duimnael|regs|200px|Die laaste twee syfers van Franse motorregistrasienommers dui die département aan
Département is die naam van die (oorspronklik 83) administratiewe distrikte waarin Frankryk tydens die Franse Rewolusie ingedeel is.
Elke département was naastenby ewe groot en is verder verdeel in arrondissemente, kantons en communes. Aan die hoof van die administrasie was 'n prefek. Gewoonlik kon elkeen van die bewoners die prefektuur binne 'n dagreis bereik.
Met die skepping van die départements het Abbé Emanuel Joseph Sieyès (wat ook die nuwe grondwet uitwerk) en die Assemblée Nationale (wat Sieyès se planne in 1789 goedkeur) beoog om die historiese teenstellings tussen die ou provinsies van die monargistiese ancien régime uit die weg te ruim. Hierdie maatreël was gegrond op die rasionale denke van die verligting en die idee van 'n Franse eenheidstaat.
Vandag is daar 100 départements wat oorwegend na riviere vernoem is; die ou provinsies bly voortleef as streekname.
Die meeste départements het 'n oppervlakte van tussen 4 000 en 8 000 vierkante kilometer en 'n bevolking van tussen 'n kwartmiljoen en een miljoen. Gironde is die grootste département met 10 000 vierkante kilometer, die stad Parys die kleinste met net 105 vierkante kilometer (sy voorstede maak deel uit van ander départements). Die département Nord het die grootste inwonertal met meer as 2,5 miljoen mense, terwyl slegs 74 000 mense in die yl bevolkte Lozère woon. center Die 18 Franse Régions en 101 Départements: Auvergne-Rhône-Alpes Auvergne 03 Allier 15 Cantal 43 Haute-Loire 63 Puy-de-Dôme Rhône-Alpes 01 Ain 07 Ardèche 26 Drôme 38 Isère 42 Loire 69 Rhône 73 Savoie 74 Haute-Savoie Boergondië-Franche-Comté Boergondië (Frans: Bourgogne) 21 Côte-d'Or 58 Nièvre 71 Saône-et-Loire 89 Yonne Franche-Comté 25 Doubs 39 Jura 70 Haute-Saône 90 Territoire de Belfort Bretagne 22 Côtes-d'Armor 29 Finistère 35 Ille-et-Vilaine 56 Morbihan Centre-Val de Loire 18 Cher 28 Eure-et-Loir 36 Indre 37 Indre-et-Loire 41 Loir-et-Cher 45 Loiret Grand Est Elsas (Frans: Alsace) 67 Bas-Rhin 68 Haut-Rhin Champagne-Ardenne 08 Ardennes 10 Aube 51 Marne 52 Haute-Marne Lotaringe (Frans: Lorraine) 54 Meurthe-et-Moselle 55 Meuse 57 Moselle 88 Vosges Hauts-de-France Nord-Pas-de-Calais 59 Nord 62 Pas-de-Calais Pikardië (Frans: Picardie) 02 Aisne 60 Oise 80 Somme Korsika (Frans: Corse) 2A (20A) Corse-du-Sud 2B (20B) Haute-Corse Normandië Basse-Normandie 14 Calvados 50 Manche 61 Orne Haute-Normandie 27 Eure 76 Seine-Maritime Île-de-France 75 Parys 77 Seine-et-Marne 78 Yvelines 91 Essonne 92 Hauts-de-Seine 93 Seine-Saint-Denis 94 Val-de-Marne 95 Val-d'Oise Nieu-Akwitanië (Frans: Nouvelle-Aquitaine) Akwitanië (Frans: Aquitaine) 24 Dordogne 33 Gironde 40 Landes 47 Lot-et-Garonne 64 Pyrénées-Atlantiques Limousin 19 Corrèze 23 Creuse 87 Haute-Vienne Poitou-Charentes 16 Charente 17 Charente-Maritime 79 Deux-Sèvres 86 Vienne Oksitanië (Frans: Occitanie) Languedoc-Roussillon 11 Aude 30 Gard 34 Hérault 48 Lozère 66 Pyrénées-Orientales Midi-Pyrénées 09 Ariège 12 Aveyron 31 Haute-Garonne 32 Gers 46 Lot 65 Hautes-Pyrénées 81 Tarn 82 Tarn-et-Garonne Pays de la Loire 44 Loire-Atlantique 49 Maine-et-Loire 53 Mayenne 72 Sarthe 85 Vendée Provence-Alpes-Côte d'Azur 04 Alpes-de-Haute-Provence 05 Hautes-Alpes 06 Alpes-Maritimes 13 Bouches-du-Rhône 83 Var 84 Vaucluse Guadeloupe 971 Guadeloupe Martinique 972 Martinique Frans-Guyana (Frans: Guyane) 973 Frans-Guyana (Frans: Guyane) Réunion (Frans: La Réunion) 974 Réunion (Frans: La Réunion) Mayotte 976 Mayotte