Bedryfsingenieurswese gaan oor die beplanning, ontwerp, verbetering, meting en bestuur van bedryfstelsels waarvan die kernkomponente bestaan uit strategie, prosesse en hulpbronne (soos mense, inligting, tegnologie, toerusting, materiaal en geld).
Missie Bedryfsingenieurswese se missie is om die produktiwiteit van 'n bedryfstelsel te verhoog deur die doeltreffendheid en effektiwiteit van die stelsel te verbeter.
Bedryfsingenieurswese vakgebiede Bedryfsingenieurswese dek onder andere die volgende vakgebiede: Gehalteversekering Ondernemingsargitektuur en ondernemingsontwerp Operasionele navorsing Besigheidsprosesontwerp Inligtingstegnologie Stelselingenieurswese Vervaardiging: prosesse en produksiebeplanning Logistiek, toustaanteorie en voorraadmodelle
Eksterne skakels Stellenbosch Universiteit: Departement van Bedryfsingenieurswese
Kategorie:Beroepe Kategorie:Ekonomie Kategorie:Ingenieurswese Kategorie:Vervaardiging