Moldowa (Roemeens: Moldova, [molˈdova], , amptelik die Republiek Moldowa (Republica Moldova), voorheen Moldawië, is ’n landingeslote land in Suidoos-Europa, grotendeels geleë tussen die Proet- en die Dnisterrivier. Dit word in die weste begrens deur Roemenië en verder deur Oekraïne. Die hoofstad is Chișinău (Russies: Kisjinef). Die land word beskou as een van die armstes in Europa.

duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Moldowa Die bevolking is oorwegend Moldowies (Sowjet-naam: Moldawies; ’n benaming wat ná die skeiding van die res van Moldawië in gebruik gekom het: die inwoners van Roemeense Moldawië word as Roemeniërs beskou). Daar is ook Oekraïense, Russiese en Gagaoesiese minderhede.

Moldowa was tot in 1991 deel van die Sowjetunie as die Moldawiese Sosialistiese Sowjetrepubliek. Die grondgebied van die nuwe land kom ooreen met dié van die voormalige Sowjetrepubliek en gedeeltelik met dié van die ouer Bessarabië (wat tot die Tweede Wêreldoorlog Roemeens was). Slegs die suidelikste en noordelikste deel van Bessarabië behoort tot die Oekraïne, terwyl die gebied aan die linkeroewer van die Dnister, Transnistrië, nooit tot Bessarabië behoort het nie, maar volgens die grootste deel van die wêreldgemeenskap wel behoort tot die huidige Moldowa. Transnistrië het hom in 1991 eensydig onafhanklik verklaar. Die tweede belangrikste stad van Moldowa, Tiraspol, lê in dié gebied.

Die land is ’n parlementêre republiek met ’n president as staatshoof en ’n premier as regeringshoof. Dit is in Maart 1992 toegelaat tot die Verenigde Nasies. Dit is ook lid van verskeie ander internasionale organisasies en hoop om lid te word van die Europese Unie.

Etimologie Die naam "Moldowa" is afgelei van die Moldowa-rivier; die vallei van dié rivier was ’n politieke sentrum toe die Prinsdom Moldawië in 1359 ontstaan het. History , Official site of Republic of Moldova Die oorsprong van die rivier se naam is onduidelik. Daar is ’n legende dat prins Dragoș dit sy naam gegee het nadat hy oerosse gejag en sy moeë hond Molda in die rivier verdrink het. Where did the name Moldova come from?

Geskiedenis Voorgeskiedenis Tydens die Neolitiese Steentydperk was die gebied waarin Moldowa lê die middelpunt van die groot Cucuteni-kultuur wat ooswaarts gestrek het vanaf die Dnjester-rivier in die Oekraïne en weswaarts tot ná die Karpate in Roemenië. Die inwoners van dié beskawing, wat rofweg van 5500 tot 2750 v.C. bestaan het, het landbou en veeteelt beoefen, gejag en fyn pottebakkerswerk gedoen.

Antieke tyd en Middeleeue duimnael|links|upright|Stefanus die Grote, prins van Moldawië tussen 1457 en 1504. In die antieke tyd is die gebied bewoon deur Dasiese stamme. Tussen die 1ste en 7de eeu n.C. was die suide van tyd tot tyd onder Romeinse en toe Bisantynse heerskappy. Vanweë sy strategiese ligging tussen Europa en Asië is die gebied in die laat antieke tyd en vroeë Middeleeue dikwels binnegeval, onder andere deur die Gote, Hunne, Aware, Magjare, Petsjenege, Koemane en Mongole.

Die Prinsdom Moldawië, wat in 1359 gestig is, is begrens deur die Karpate in die weste, die Djester in die ooste en die Donau en die Swartsee in die suide. Dit het bestaan uit die hedendaagse gebied van die Republiek Mongolië, die oostelike agt distrikte van Roemenië, en die Tsjerniftsi-oblast en Boedjak-streek van die Oekraïne. Nes die huidige republiek en die noordoostelike streek van Roemenië was dit onder die inwoners bekend as Moldowa. Die prinsdom is herhaaldelik deur Tatare van die Krim binnegeval en sedert die 15de eeu deur die Ottomaanse Turke. In 1538 het dit ’n belastingpligtige deel van die Ottomaanse Ryk geword, maar sy outonomiteit behou. "Moldova". Library of Congress Country Studies

Moderne geskiedenis Russiese Ryk duimnael|Wapen van die Bessarabiese Goewernement tussen 1878 en 1917. Ondanks besware deur die Moldawiese adel het die Ottomaanse Ryk in 1812 kragtens die Verdrag van Boekarest die oostelike helfte van die prinsdom asook Khotyn en die ou Bessarabië (moderne Boedjak) aan die Russiese Ryk afgestaan.

Die nuwe Russiese provinsie is die Oblast Moldawië en Bessarabië genoem en het aanvanklik ’n groot mate van onafhanklikheid gehad. Ná 1828 is dié outonomie al hoe meer beperk en in 1871 is die Oblast verander in die Bessarabiese Goewernement as deel van ’n russifikasieproses. Die administrasie van die tsaar in Bessarabië het geleidelik Roemeens as amptelike en godsdienstige taal in onbruik laat verval. Bessarabia deur Charles Upson Clark, 1927, hoofstuk 10 Die westelike deel van Moldawië (wat vandag deel van Roemenië is) het ’n outonome prinsdom gebly, en in 1859 het dit met Wallachye verenig en die Koninkryk Roemenië gevorm.

Die Verdrag van Parys van 1856 het drie distrikte van Bessarabië — Cahul, Bolgrad en Ismail — aan Moldawië toegeken, maar in die Verdrag van Berlyn van 1878 het die Koninkryk Roemenië ingestem om dit aan die Russiese Ryk terug te gee. In die 19de eeu het die Russiese owerhede Russe, Roemeniërs, Vasile Baican, "Human settlements in Moldavia represented on «the Russian map» between 1828-1829", Scientific Annals of "Alexandru Ioan Cuza" Universiteit van Iasi – Geography series, 54, 2008, bl. 65. Oekraïners, Kosakke, Bulgare, Bessarabia deur Charles Upson Clark, 1927, hoofstruk8 Duitsers The Germans from Bessarabia en Gagaoesiërs aangemoedig om in die streek te gaan bly en al hoe meer Jode uit Bessarabië daar toegelaat . om die groot Nogai-Tataarse bevolking te vervang wat uitgesit is in die 1770's en 1780's tydens die Russies-Turkse Oorloë. Mennonite-Nogai Economic Relations, 1825–1860 Die Moldawiese deel van die bevolking het afgeneem van sowat 86% in 1816 Ion Nistor, Istoria Bassarabiei, Cernăuţi, 1921 tot omtrent 52% in 1905. Flavius Solomon, Die Republik Moldau und ihre Minderheiten (Länderlexikon), in: Ethnodoc-Datenbank für Minderheitenforschung in Südostosteuropa, bl. 52 In dié tyd was daar anti-Semitiese opstande en dit het daartoe gelei dat duisende Jode na die VSA geëmigreer het. Moldova

Groter Roemenië duimnael|links|’n Kaart van Groter Roemenië tussen 1920 en 1940. In die Eerste Wêreldoorlog het die politieke en kulturele (etniese) bewustheid onder die inwoners van die streek toegeneem, toe 300 000 Bessarabiërs opgeroep is om in die Rooi Leër te dien wat in 1917 gestig is. Ná die Russiese Rewolusie van 1917 is ’n Bessarabiese parlement, Sfatul Ţării, verkies. Dit het die Moldawiese Demokratiese Republiek op uitgeroep binne ’n federale Russiese staat en ’n regering op gevorm.

Bessarabië het hom op onafhanklik van Rusland verklaar en die hulp gevra van die Franse leër wat toe in Roemenië was. Anthony Babel: La Bessarabie (Bessarabia), Félix Alcan, Genève, Switzerland, 1931 Op het die Sfatul Ţării met 86 stemme teen 3 (met 36 buite stemming) besluit om op sekere voorwaardes met die Koninkryk Roemenië te verenig. Later het Bukovina en Transilvanië ook by die koninkryk aangesluit.

Hierdie samesmelting is in die Verdrag van Parys van 1920 deur die Geallieerdes goedgekeur. Dit is egter nie deur al die lede bekragtig nie. Van die groot magte, soos die VSA en die nuwe Kommunistiese Rusland, het nie Roemeense heerskappy oor Bessarabië goedgekeur nie en laasgenoemde het dit beskou as die besetting van Russiese grondgebied. Wayne S. Vucinich, Bessarabia In: Collier's Encyclopedia (Crowell Collier and MacMillan Inc., 1967) vol. 4, bl. 103

In Mei 1919 is die Bessarabiese Sosialistiese Sowjetrepubliek verklaar tot ’n regering in bannelingskap. Ná ’n opstand deur die kleinboere in 1924 wat deur die Russe geïnspireer is, is die Moldawiese Outonome Sosialistiese Sowjetrepubliek (Moldawiese OSSR) gestig.

In Augustus 1939 is die Molotof-Ribbentrop-verdrag en sy geheime bykomende protokol onderteken. Daarvolgens het Nazi-Duitsland Bessarabië erken as binne die Sowjet-invloedsfeer. Dit het daartoe gelei dat laasgenoemde sy aanspraak op die gebied met nuwe ywer hervat het. Op 28 Junie 1940 het die Sowjetunie, met die medewete van Nazi-Duitsland, ’n ultimatum aan Roemenië uitgereik waarin die land versoek word om Bessarabië en Noord-Bukovina aan die Sowjetunie af te staan. Roemenië het dit die volgende dag gedoen. Kort daarna is die Moldawiese Sosialistiese Sowjetrepubliek (Moldawiese SSR) gestig. Dit het bestaan uit sowat 70% van Bessarabië en 50% van die toe ontbinde Moldawiese OSSR.

As deel van die Spilmoondhede se inval in die Sowjetunie het Roemenië beslag gelê op die gebiede Bessarabië, Noord-Bukovina en Transnistrië. Die Roemeense soldate en Duitsers het sowat 300 000 Jode verban of vermoor, onder andere 147 000 van Bessarabië en Bukovina. Tismăneanu Report, bl. 748-749 Die Sowjet-leër het die streek in Februarie tot Augustus 1944 herower en weer die Moldawiese SSR gestig. Tussen Augustus 1944 en die einde van die oorlog in Mei 1945 is 256 800 inwoners van die Moldawiese SSR deur die Sowjet-leër opgeroep. Altesaam 40 592 van hulle is in die oorlog dood.

Sowjet-tydperk (1940–1991) Hoofartikel: Moldawiese Sosialistiese Sowjetrepubliek. duimnael|links|300px|Etniese Duitsers gaan woon in 1940 in Bessarabië. In die Stalinistiese tydperke 1940–1941 en 1944–1953 het die deportasie van plaaslike inwoners na die Oeral, Siberië en Noord-Kasakstan gereeld plaasgevind. Die grootstes hiervan was op 12–13 Junie 1941 en 5–6 Julie 1949, met onderskeidelik 18 392 en 35 796 mense net uit die Moldawiese SSR. Tismăneanu Report, bl. 747 en 752 Ander vorme van vervolging sluit in 32 433 politieke arrestasies, waarna mense tereggestel (in 8 360 gevalle) of na die Goelag gestuur is.

In 1946, weens ’n groot droogte en buitensporige produksiekwotas deur die Sowjet-regering, het die suidwestelike deel van die USSR ’n groot hongersnood ondervind. Michael Ellman, The 1947 Soviet Famine and the Entitlement Approach to Famines Cambridge Journal of Economics 24 (2000): 603–630. In 1946–1947 was daar volgens historici 216 000 sterfgevalle en 350 000 gevalle van wanvoeding net in die Moldawiese SSR. In 1944–53 was daar verskeie weerstandsgroepe teen die USSR in Moldawië, maar die NKWD en later MGB het die lede eindelik gearresteer en tereggestel of verban.

In die tydperk ná die oorlog het die Sowjetunie baie mense (hoofsaaklik Russe, Belo-Russe en Oekraïners) na Moldawië gestuur, veral na stedelike gebiede, om op te maak vir die verlies aan inwoners weens die oorlog en verbanning van die plaaslike bevolking. Pal Kolsto, National Integration and Violent Conflict in Post-Soviet Societies: The Cases of Estonia and Moldova, Rowman & Littlefield, 2002, , bl. 202 In die 1970's en 1980's het die Moldawiese SSR ’n aansienlike deel van die Sowjet-begroting gekry vir nywerheids- en wetenskapgeriewe en behuising. In 1971 het die Sowjet-raad van ministers ’n besluit aanvaar oor "die verdere ontwikkeling van Kisjinef" (die hedendaagse Chișinău) en meer as ’n miljard roebel toegeken vir bouprojekte. Met nog geld later en gekwalifiseerde spesialiste uit die res van die Sowjetunie is Moldawië se nywerheid verder uitgebrei.

Die Sowjet-regering het ’n veldtog begin om ’n Moldawiese etniese identiteit te ontwikkel onafhanklik van dié van die Roemene. Volgens amptelike Sowjet-beleid was die Moldawies wat die plaaslike bevolking gepraat het, ’n ander taal as Roemeens. Om ’n onderskeid tussen die twee te maak is Moldawies tydens die Sowjet-tyd in die Cyrilliese alfabet geskryf, in teenstelling met Roemeens, wat sedert 1860 in die Latynse alfabet geskryf word.