Die Murrumbidgee (Engels: Murrumbidgee River, [mʌrəmˈbɪdʒi] ) is met 'n lengte van 1 488 km Australië se tweede grootste rivier. Die Murrumbidgee is die grootste sytak van die Murrayrivier.
duimnael|links|Die Murrumbidgee naby Gundagai, Nieu-Suid-Wallis Die Murrumbidgee ontspring net suid van Canberra, Australië se hoofstad, op 'n hoogte van 1 500 m aan die voet van die Peppercorn Hill in die Fiery Range van die Snowy Mountains (Australiese Alpe, Groot Skeidingsgebergte). Aansluitend loop dit 1 488 km in 'n wes-noordelike rigting deur die Australiese deelstaat Nieu-Suid-Wallis, voordat die Murrumbidgee naby Boundary Bend met die Murrayrivier saamvloei.
Murrumbidgee beteken "groot water" in die Wiradjuri-taal, een van die lokale Aboriginale tale. Die rivier self loop deur verskeie tradisionele gebiede van inheemse Australiërs, tuis van verskeie inheemse stamme.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Canberra Kategorie:Nieu-Suid-Wallis Kategorie:Riviere in Australië