duimnael|links|Satellietbeeld van die Río Magdalena se delta net noord van Barranquilla. Die Río Magdalena ([ˈri.o maɣðaˈlena]) is 'n groot noord-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 528 km, is die langste rivier in Colombia.
Die naam van die Río Magdalena kom van sy ontdekking deur Spaanse conquistadores. Sy ontdekker, Rodrigo de Bastidas, het die monding van die rivier op 1 April 1501 bereik. Soos dit destyds gebruiklik was, het hulle riviere en plekke na heiliges genoem. Die dag se heilige op 1 April was Maria Magdalena. Die volle naam van die rivier is Río Grande de la Magdalena. Vertaal uit Spaans beteken dit: "Groot rivier van (Maria) Magdalena".
Tydens die Spaanse koloniale bewind het die Río Magdalena as belangrike skeepsroete tussen die hoofstad Bogotá, die belangrike hawestad Cartagena en Europa gedien.
Verwysings
Kategorie:Riviere in Colombia